Bible Society of South Africa

Jesus – Dag 15

Jesus: Gesalfde.

Bybelteks(te)

3Toe het Maria 'n halfliter egte, baie duur nardusolie gebring en dit op Jesus se voete uitgegiet en sy voete met haar hare afgedroog. Die hele huis is deurtrek met die geur van die reukolie.

JOHANNES 12:3AFR83Maak oop in die Bybelleser

10Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk.

2 KORINTIËRS 12:10AFR83Maak oop in die Bybelleser

28Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal één.

GALASIËRS 3:28AFR83Maak oop in die Bybelleser

7Toe sê Jesus: “Laat staan haar. Sy moes dit hou vir hierdie dag om My te salf vir my begrafnis. 8Die armes het julle tog altyd by julle, maar vir My het julle nie altyd nie.”

JOHANNES 12:7-8AFR83Maak oop in die Bybelleser

Net ‘n baie duur reukolie sal die hele huis met sy geur vul, en net ‘n baie duur reukolie was goed genoeg vir haar Here en Meester. Vir Maria was Hy die belangrikste.

Die buitensporigheid van Maria se geskenk is ‘n onvoorwaardelike bewys van haar liefde vir en toewyding aan hierdie verstommende Leermeester aan wie se voete sy gesit het en van wie sy so baie oor waarheid, reinheid en vryheid geleer het. Hy het haar die ware waardes van God se koninkryk in teenstelling met die van die wêreld geleer. Paulus, in 2 Korintiërs 12:10 het later in dieselfde trant gesê: ‘Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk.” En in Galasiërs 3:28 “Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie…

Wat Maria hier vir Jesus doen is ‘n suiwer daad van toewyding en aanbidding. Sy het geen koste ontsien om hierdie duur olie te koop nie en sy het ook nie omgegee om haarself te verneder tot die vlak van die dienskneg wat normaalweg verantwoordelik wa som die gaste se voete te was nie. Sy kniel voor Hom om sy voete te salf en vee dit af met haar hare, en sy gee ook nie om dat in daardie samelewing mense so iets sou afkeur nie.

Jesus sien egter meer in haar daad as net toewyding. Hy sien dit dat sy Hom voorberei vir sy begrafnis want Hy weet dat sy dood naby is. Alhoewel Hy reeds met sy dissipels daaroor gepraat het, wou hulle dit nie aanvaar nie. So, toe Judas beswaar maak en sê dat Maria se daad ‘n vermorsing is, verdedig Jesus haar met die woorde:

Toe sê Jesus: “Laat staan haar. Sy moes dit hou vir hierdie dag om My te salf vir my begrafnis. Die armes het julle tog altyd by julle, maar vir My het julle nie altyd nie.” (Johannes 12:7-8) Hierdie is ‘n kosbare oomblik vir Jesus want ten tye van sy dood was daar niemand om Hom te ondersteun nie want sy dissipels het weggehardloop. Hoe wonderlik vir Maria om later te kon onthou dat God deur haar gewerk het om sy Seun te salf vir daardie dag van sy dood.

Het ons ‘n hart soos Maria vir Jesus? Sal ons enigiets doen om ons toewyding aan Hom te bewys, maak nie saak hoe vernederend nie en ten spyte van wat diegene om ons daarvan sal sê? Is ons bereid om ‘n enorme bedrag geld te spandeer – die reukolie het na berekening ongeveer ‘n jaar se salaris gekos – om iets kosbaar vir Hom te gee of doen?

Hoe bewys jy dat jy Jesus aanbid?

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS