Bible Society of South Africa

Jesus – Dag 12

Jesus: Die brood van die lewe (2)

Bybelteks(te)

32Jesus het hulle geantwoord: “Dít verseker Ek julle: Dit is nie Moses wat vir julle die brood uit die hemel gegee het nie, maar dit is my Vader wat vir julle die ware brood uit die hemel gee. 33Die brood wat God gee, is Hy wat uit die hemel kom en aan die wêreld die lewe gee.”

JOHANNES 6:32-33AFR83Maak oop in die Bybelleser

35Maar Jesus sê vir hulle: “Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie.

JOHANNES 6:35AFR83Maak oop in die Bybelleser

36Wat help dit 'n mens tog om die hele wêreld as wins te verkry en sy lewe te verloor?

10'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.

JOHANNES 10:10AFR83Maak oop in die Bybelleser

38Ek het van die hemel af gekom nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het.

JOHANNES 6:38AFR83Maak oop in die Bybelleser

40Dit is die wil van my Vader: dat elkeen wat die Seun sien en in Hom glo, die ewige lewe sal hê; en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan.”

JOHANNES 6:40AFR83Maak oop in die Bybelleser

Jesus het die geestelike doodsheid van die skare wat Hom gevolg het, raakgesien en Hy het die mense gewaarsku om nie hulle energie te mors op voedsel wat nie blywend is nie – die belangrikste funksie van fisiese voedsel is om die liggaam lewend te hou. Hy het egter vir hulle gesê dat hulle moet werk vir geestelike voedsel wat Hy alleen kan gee, voedsel wat vir hulle ‘n ewige beloning sal bring. In Markus 8:36 beklemtoon Hy hierdie woorde verder met: “Wat help dit ‘n mens tog om die hele wêreld as wins te verkry en sy lewe te verloor?”  Hierdie is ernstige woorde, maar die mense verstaan nie dat hulle net in Jesus moet glo nie en dat daar niks anders is wat hulle hoef te doen nie, niks anders wat hulle kan doen nie.

Hulle wil hê dat Jesus vir hulle nog ‘n teken moet gee voordat hulle in Hom kan glo, en hulle verwys na die gebeure waar Moses vir hulle voorvaders manna in die woestyn gegee het. Hulle gee te kenne dat Jesus slegs by een geleentheid gewone brood gebruik het om die skare te voed terwyl Moses “brood uit die hemel” ontvang het en die hele volk vir veertig jaar daarmee gevoed het.

Hulle mis egter die punt dat God selfs toe die Voorsiener was en omdat Hy God is, is Hy vry om op enige wonderbaarlike wyse wat Hy verkies op te tree. Vir die Israeliete wat in die woestyn rondgedwaal het, het hy manna gestuur om in hulle fisiese behoeftes te voorsien en jare later het Hy sy Seun gestuur om in die geestelike behoeftes van die hele wêreld te voorsien. Op dieselfde wyse wat die Israeliete Moses nie geglo of waardeer het nie en baie probleme vir hulleself veroorsaak het, het hulle nageslag Jesus ook nie geglo of waardeer nie. Sien ons nie dieselfde ongelowigheid in ons eie geslag nie?

Jesus is die ware brood van God. Hy het van die hemel gekom om lewe aan die wêreld te gee Hy het gekom “sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.” (Johannes 10:10) Maar die lewe wat Hy gee, kom slegs deur ‘n offer ‑ die offer van sy lewe aan die kruis vir die hele wêreld. Wie na Hom toe kom, sal “nooit weer honger kry nie” en diegene wat in Hom glo.”sal nooit weer dors kry nie” – nie in hierdie wêreld en ook nie in die hiernamaals nie. Jesus sê: Ek het van die hemel af gekom nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het … Dit is die wil van my Vader: dat elkeen wat die Seun sien en in Hom glo, die ewige lewe sal hê; en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan.” (Johannes 6:38,40)

Baie glo nie in Jesus nie, glo jy?

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS