Bible Society of South Africa

Jesus – Dag 11

Jesus: Die brood van die lewe.

Bybelteks(te)

27Julle moet nie werk vir die voedsel wat vergaan nie, maar vir die voedsel wat nie vergaan nie en wat ewige lewe gee. Dit sal die Seun van die mens vir julle gee, want God die Vader het Hom die mag daartoe verleen.”

JOHANNES 6:27AFR83Maak oop in die Bybelleser

35Maar Jesus sê vir hulle: “Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie.

JOHANNES 6:35AFR83Maak oop in die Bybelleser

12Na die aardbewing was daar 'n vuur. Maar in die vuur was die Here nie. En na die vuur was daar 'n fluistering in die windstilte.

1 KONINGS 19:12AFR83Maak oop in die Bybelleser

4Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe:

“'n Mens leef nie net van brood nie

maar van elke woord

wat uit die mond van God kom.

Een van die aangenaamste geure denkbaar is die geur van varsgebakte brood, veral op ‘n koue dag. Ons het oorkant ‘n bakkery gewoon en dit was wonderlik om by die huis uit te loop en die warm, aangename geure wat in die lug aangesweef het, in te asem. Dit was aangenaam net om dit te ruik! Maar sou daardie geure die hongerpyne selfs vir net ‘n minuut kon stil? ‘n Mens het die brood nodig om die honger te stil.

In hierdie gedeelte leer Jesus die skare nadat hy vyf duisend mans (vroue en kinders uitgesluit) met vyf klein garsbroodjies en twee vissies gevoed het en daar nog twaalf mandjies vol oorskiet was. Die mense was verwonderd, maar het egter nie die belangrikheid van hierdie wonderteken verstaan nie. Hierdie wonderteken moes hulle in die rigting van die waarheid gewys het: Jesus het van God gekom en Hy kon aan hulle die ewige lewe gee. Instede van hierdie waarheid het hulle Hom egter net gesien as iemand wat hulle fisiese honger kon bevredig, sonder om die dieper waarheid dat Hy hulle geestelike honger kon stil, raak te sien. Moses het dieselfde met die Israeliete beleef met die manna wat God voorsien het. Hulle het ook nie meer raakgesien as net iets wat in hulle fisiese behoeftes voorsien het nie. Sou ons anders as hulle opgetree het? Verskil ons tans enigsins van hulle?

Is dit nie waar dat ons almal geneig is om ons meer oor ons fisiese behoeftes te bekommer en ons geestelike behoeftes te verwaarloos of te ignoreer nie? Is fisiese honger knaender as geestelike honger of erken ons net nie die tekens so maklik nie want ons is onverskillig teenoor geestelike sake? Ons sien die fisiese behoeftes gouer raak as wat ons die geestelike behoeftes waarneem. Ons ore word dikwels gevul met die geraas van die wêreld en dit verhoed dat ons God se stem soos ‘n “fluistering in die wind” kan hoor. (1 Konings 19:12) Selfs mense wat geestelik ingestel is, vergeet soms dat “’n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom.” (Matteus 4:4) en hulle stry voortdurend teen fisiese versoekings eerder as om hulleself met die Woord van God te bewapen.

Jesus het gekom om al jou behoeftes te bevredig, Hoe geestelik honger is jy?

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS