Bible Society of South Africa
Benescke Janse van Rensburg

Hy kan … – Dag 4

Hy kan ons help

Bybelteks(te)

10sal geen onheil jou tref

en geen plaag naby jou woonplek kom nie.

PSALMS 91:10AFR83Maak oop in die Bybelleser

15Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor;

in sy nood sal Ek by hom wees,

Ek sal hom red en hom in sy eer herstel.

PSALMS 91:15AFR83Maak oop in die Bybelleser

7Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.

1 PETRUS 5:7AFR83Maak oop in die Bybelleser

ʼn Paartjie van Kaapstad so ontspanne uitstappie met hulle honde, het in ʼn krisis ontaard toe hulle deur ʼn swerm bye in die Macassar-omgewing oorrompel is. Die man is vermoedelik 50 keer deur die bye gesteek. Toe hy begin swel en sukkel om asem te haal, het sy dogter hom in die voertuig gelaai en na die hospitaal gejaag.

Die verkeer op pad na Somerset-Wes was egter druk — en die man se toestand het vererger. By ʼn padblokkade het die dogter die verkeersbeamptes om hulp gevra. Toe hulle haar pa sien, het van hulle onmiddellik in hul motors gespring en haar met sirenes en ligte tot by die hospitaal begelei. Die man se lewe is gered en hy het aangesterk.

In ons lewens ervaar ons ook van tyd tot tyd noodsituasies. ʼn Krisis duik dalk op in die werkplek, by die huis, met ons gesondheid, in ʼn verhouding of selfs in ons finansies. Hierdie krisisse laat ons stres en selfs sukkel om normaal asem te haal. God ken egter elke krisissituasie en ons kan Hom daaroor raadpleeg. In Psalm 91:10,15 lees ons: “Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet, hy sê vir die Here: ‘U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou … Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan … Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor; in sy nood sal Ek by hom wees, Ek sal hom red en hom in sy eer herstel.” Ook in 1 Petrus 5:7 staan geskryf: “Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle.”

Wat is die bekommernis of uitdaging wat jy vandag in die gesig staar? Is dit nie dalk tyd om “af te trek” en God om hulp te vra en Hom te vertrou al maak niks sin nie? Hy kan ons help en kies soms om vreemde of onverwagse mense (en selfs engele) te gebruik om ons vinniger by ons eindbestemming te bring. Sterkte.

Opdrag vir die dag: Maak ʼn lysie van alles in jou lewe wat jou bekommer. Gee dit doelbewus oor aan God en dank Hom by voorbaat vir wat Hy kan — en gaan doen in jou lewe.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS