Bible Society of South Africa

Hoe om te leef – Dag 14

Lof vir ‘n nuwe seisoen.

Bybelteks(te)

Elke ding het sy vaste tyd

1Elke ding het sy vaste tyd,

elke ding in hierdie wêreld het sy tyd:

PREDIKER 3:1AFR83Maak oop in die Bybelleser

11God het elke ding gemaak dat dit pas in 'n bepaalde tyd, maar Hy het ook aan die mens 'n besef gegee van die onbepaalde tyd. Tog kan die mens die werk van God van begin tot einde nie begryp nie.

PREDIKER 3:11AFR83Maak oop in die Bybelleser

10Maar nou het God die ryke verskeidenheid van sy wysheid deur die kerk bekend laat word aan elke mag en gesag in die hemelruim,

EFESIËRS 3:10AFR83Maak oop in die Bybelleser

2Die hemel getuig van die mag van God,

die uitspansel maak die werk van sy hande bekend.

5Tog gaan daarvan 'n boodskap uit oor die hele wêreld

en hulle taal bereik die uithoeke van die aarde.

Vir die son is daar in die hemel 'n tent opgeslaan.

6As hy stralend begin om sy baan te volg,

is hy soos 'n bruidegom wat uit sy slaapkamer kom.

PSALMS 19:5-6AFR83Maak oop in die Bybelleser

Ek wil my in die Here verbly

1Ek wil die Here loof!

Here my God, U is baie groot,

U is beklee met koninklike luister,

PSALMS 104:1AFR83Maak oop in die Bybelleser

10U laat fonteine in die valleie ontspring

en tussen die berge deur stroom.

11Daar kom al die wilde diere drink

en die wildedonkies hulle dors les.

PSALMS 104:10-11AFR83Maak oop in die Bybelleser

14U laat gras uitspruit vir die diere,

en groen plante vir die mens

sodat hy sy kos uit die aarde kan kry:

PSALMS 104:14AFR83Maak oop in die Bybelleser

19U het die maan gemaak om die vaste tye mee aan te gee,

die son weet wanneer om onder te gaan.

PSALMS 104:19AFR83Maak oop in die Bybelleser

24U het baie dinge geskep, Here,

die aarde is vol van wat U gemaak het,

en tog, U het alles in wysheid geskep.

PSALMS 104:24AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die seisoen breek oop in nuwe lewe. Botsels groen, wit en pienk tooi tydsaam die kroon van winterkaal bome totdat hulle op ‘n dag soos kaalvoet bruide op die bries van die wind begin dans en skaamteloos spog met hul nuwe blaar-of bloeiseldos. Die lug ruik skielik anders, is blouer, skoner. Dis Oktobermaand.

Oktobermaand, die mooiste mooiste maand!

In ‘n volgepropte lewe het ons soms nodig om intensioneel in ons waardering van die skepping om ons te wees. Die natuur is immers die één onbetwisbare realiteit wat ons aandag vestig op die “ryke verskeidenheid van die wysheid van God(Efesiërs 3:10).

Dawid kon dit regkry, daarom besing hy God se selfopenbaring in die natuur: “Die hemele getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend. Vir die son is daar in die hemel ‘n tent opgeslaan. As hy stralend begin om om sy baan te volg, is hy soos ‘n bruidegom wat uit sy slaapkamer kom” (Psalm 19:2,5-6).

 By aanskoue van die grootheid van die natuur, die skepping, staan ‘n mens stom in verwondering. Daar word jy pynlik bewus van jou eie nietigheid en sterflikheid en weet jy God is die Skepper en Onderhouer daarvan…. ook van jou!  Dan wil jy saam met die Psalmkrywer die lied van die skepping sing: (Psalm 104:1,10-11,14,19,24)

“Loof die Here, o my siel! Here my God, U is baie groot! Met majesteit en heerlikheid is U bekleed

U laat fonteine in valleie ontspring en tussen die berge deur stroom. Daar kom al die wilde diere drink U laat gras uitspruit vir die diere, en groen plante vir die mens sodat hy kos uit die aarde kan kry U het die maan gemaak om die vaste tye mee aan te gee, die son weet wanneer om onder te gaan U het baie dinge geskep, Here, die aarde is vol van wat U gemaak het, en tog, U het alles in wysheid geskep.”

As jy vandag wonder of ‘n nuwe seisoen ooit in jou lewe gaan aanbreek, kan jy maar net kyk na God se betrokkenheid by sy skepping om vir seker te wéét ‑ jy is die kroon van sy skepping en weinig minder gemaak as ‘n goddelike wese. Daarom sál jou nuwe dag en blomseisoen ook aanbreek.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS