Bible Society of South Africa

Hoe om te leef – Dag 15

Splinternuut.

Bybelteks(te)

17Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. 18Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou. 19Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou.

2 KORINTIËRS 5:17-19AFR83Maak oop in die Bybelleser

4Deur die doop is ons immers saam met Hom in sy dood begrawe, sodat, soos Christus deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so 'n nuwe lewe kan lei.

11Julle moet dus altyd onthou dat ook júlle vir die sonde dood is, maar vir God lewe, omdat julle een is met Christus Jesus.

ROMEINE 6:11AFR83Maak oop in die Bybelleser

6Maar nou is ons vrygemaak van die wet, want ons het gesterf en staan nie meer onder die wet waardeur ons gebind was nie. Nou kan ons dien in die nuwe bedeling van die Gees, nie in die ou bedeling van wetsvoorskrifte nie.

6In Christus Jesus is dit nie van belang of jy besny is of nie. Al wat van belang is, is geloof wat deur die liefde tot dade oorgaan.

GALASIËRS 5:6AFR83Maak oop in die Bybelleser

So baie gebeure wat in die Bybel opgeteken staan, het as gemene deler die nuutheid, nuut-maak of nuut-word van omstandighede, en veral mense. Ons lees vir die eerste keer hiervan in Genesis toe God lig skep om die duisternis te verdryf. Dit het die platform geskep vir nuwe lewe: plante, saad, diere, voëls, seediere en op die sesde dag ook die skepsel na God se beeld – die mens.

Die sondeval het egter die ewige splinternuutheid van die skepping kom infekteer; die volmaaktheid en perfeksie is in sy wese aangetas. Die hoogtepunt van God se skepping, die mens, is in besonder hierdeur geraak – hulle word verban uit God se teenwoordigheid. Voortaan sou begeerte, sonde, onvolmaaktheid, skaamte, blaamverskuiwing en die dood, sterflikheid, die gevolge van hul ongehoorsaamheid wees.

Maar God is nie onverwags gevang met hierdie gebeure nie. Hy neem inisiatief om sy beeld in mense te herstel en hulle weer in verhouding met Hom te laat leef. In Christus het Hy voorsiening gemaak vir ‘n nuwe, ewige lewe saam met Hom. Hoe? Hy (God) het ons (die wêreld) deur Christus met Homself versoen en reken die mense hulle oortredinge nie toe nie (2 Korinthiërs 5:18-19).  Wat ‘n totaal nuwe benadering: Iemand – die soewereine God kies om ‘n verhouding met mense te herstel wat ‘n verhouding met hul Maker verruil vir ‘n verhouding met hul twyfelagtige, selfsugtige EIE-EK!

Met hierdie versoening gebeur daar twee nuwe dinge: jy behoort nou aan Christus en jy is ‘n núwe mens, ‘n núwe skepsel. Romeine 6:4,11 beskryf dié herskepping as ‘n doodgaan vir die sonde en ‘n opstaan om ‘n nuwe lewe vir God in Christus te leef. In 2 Korinthiërs 5:17 vat Paulus hierdie gebeurtenis saam: “Daarom as iemand in Christus is, is Hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk dit het alles nuut geword.”

Hoe die mens in Christus sy lewe nou leef, of hoe toegewyd hy die Here dien, word nie meer beoordeel op grond van hoeveel reëls en wette hy gehoorsaam nie, maar hoe hy Hom laat lei deur die nuwigheid van die Gees (Romeine 7:6) en hoe gehoorsaam hy is aan die leiding van die Heilige Gees (Galasiërs 5:6). Dít is die geheim tot voortdurende verandering en om elke dag as ‘n spikslinternuwe mens te begin en ook af te sluit.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS