Bible Society of South Africa
Neville Turley

God se beloftes – Dag 10

Die belofte van heerlikheid wat vir ewig bly

Bybelteks(te)

17Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op 'n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly.

2 KORINTIËRS 4:17AFR83Maak oop in die Bybelleser

Om ʼn Christen te wees is nie ʼn waarborg vir ʼn sorgvrye lewe hier op aarde nie. Ons moet ʼn bietjie langer daarvoor wag. Hoe moeilik ons probleme ook al mag wees, verdwyn dit in die niet wanneer ons dit vergelyk met die heerlikheid wat daar op ons wag in die hiernamaals.

Jesus self sê dat ons ons nie moet bekommer nie: “Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My” (Johannes 14:1).

Die Here gee aan ons goeie raad, maar dit is nie raad wat ons maklik vind om te volg nie. So dikwels gee ons ons probleme deur gebed oor aan die Here, net om dit in angs weer terug te neem en van vooraf oor dieselfde ding te bekommer.

Ons moet ook bewus wees daarvan dat, ongeag ons sorge en bekommernisse, daar ander mense is wat swaarder kry as ons. Helen Keller stel dit so mooi: “Ek het gehuil omdat ek nie skoene het nie totdat ek ʼn man sonder voete ontmoet het.”

Baie mense raak soms baie ontsteld sonder enige grondige rede. ʼn Goeie voorbeeld hiervan is die ruspe in die verhaal van Alice in Wonderland.

“Are you content now?” said the caterpillar.

“Well I should like to be a little longer, sir, if you don’t mind,” said Alice, “three inches is such a wretched height to be.”

“It’s a very good height indeed!” said the caterpillar angrily, rearing itself upright as it spoke. (It was exactly three inches high.)

Dit gebeur dikwels in ons daaglikse lewe. Ons is soms so fyngevoelig en gegrief oor materiële dinge en niks maak ons kwater as wanneer mense op ons neerkyk of dink dat hulle beter as ons is nie. In ons harte begin ons dikwels ʼn wrok koester en laat geen ruimte vir enige moontlike vriendskap of samewerking met hierdie mense nie.

Dit is ʼn groot fout. Ons moet nie toelaat dat ons bekommernisse of mense wat ons aanstoot gee, ons lewens oorneem nie.

Ons is duur gekoop en is kosbaar in die aangesig van God. Hy sal ons in al ons krisisse help en in ons behoeftes voorsien.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS