Bible Society of South Africa

Geroep om te dien – Dag 5

Houding

Bybelteks(te)

Die voorbeeld van Jesus Christus

5Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was:

6Hy wat in die gestalte van God was,

het sy bestaan op Godgelyke wyse

nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie,

7maar Hy het Homself verneder

deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem

en aan mense gelyk te word.

En toe Hy as mens verskyn het,

8het Hy Homself verder verneder.

Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis.

9Daarom het God Hom

ook tot die hoogste eer verhef

en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is,

10sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is,

die knie sou buig,

11en elke tong sou erken:

“Jesus Christus is Here!”

tot eer van God die Vader.

FILIPPENSE 2:5-11AFR83Maak oop in die Bybelleser

As Christene is daar ’n appèl op ons om dieselfde houding as Jesus aan die dag te lê.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS