Bible Society of South Africa

Geroep om te dien – Dag 4

Die gewonde geneser

Bybelteks(te)

2Die dienaar was soos 'n loot wat voor die Here uitspruit,

soos 'n plant wat wortel skiet in droë grond.

Hy het nie skoonheid of prag gehad

dat ons na hom sou kyk nie,

nie die voorkoms dat ons van hom sou hou nie.

3Hy was verag en deur die mense verstoot,

'n man van lyding wat pyn geken het,

iemand vir wie die mense die gesig wegdraai.

Hy was verag, ons het hom nie gereken nie.

4Tog het hy óns lyding op hom geneem,

óns siektes het hy gedra.

Maar ons het hom beskou as een wat gestraf word,

wat deur God geslaan en gepynig word.

5Oor óns oortredings is hy deurboor,

oor óns sondes is hy verbrysel;

die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom,

deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom.

JESAJA 53:2-5AFR83Maak oop in die Bybelleser

In Jesaja se profesie oor die lydende dienskneg van God lees ons hierdie ontroerende beskrywing van die gewonde dienskneg wat ander genees ten spyte van sy eie pyn en lyding.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS