Bible Society of South Africa

Geroep om te dien – Dag 6

Bemoediging uit die Skrif

Bybelteks(te)

6Wees sterk, wees vasberade, want jy moet hierdie volk die land in besit laat neem wat Ek met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het.

7“Wees veral sterk en baie vasberade in die uitvoering van die wet wat my dienaar Moses jou beveel het. Moet daarvan nie links of regs afwyk nie. Dan sal jy voorspoedig wees, waar jy ook al gaan. 8Hierdie wetboek moet die rigsnoer wees vir alles wat jy sê. Oordink dit dag en nag en sorg dat jy alles uitvoer wat daarin geskryf staan. Dan sal jy slaag in wat jy moet doen, jy sal voorspoedig wees. 9Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.”

4Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees.

ROMEINE 15:4AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die Bybel bevat talle woorde van bemoediging aan dié wat daarvoor gaan soek. Na Moses se dood praat God met Josua vir wie Hy gekies het om die Israeliete in die beloofde land Kanaän in te lei.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS