Bible Society of South Africa

Geroep om te dien – Dag 3

God is die bron van alle versorging

Bybelteks(te)

Soos 'n herder versorg Hy sy kudde

1Die uitkoms is hier!

Die uitkoms is hier!

Dit, sê julle God, moet julle vir my volk sê.

2Bring vir Jerusalem die goeie tyding,

sê vir hom

sy swaarkry is verby,

hy het geboet vir sy sonde,

hy het van die Here die volle straf ontvang

vir al sy sondes.

JESAJA 40:1-2AFR83Maak oop in die Bybelleser

13Jubel, hemel! Juig, aarde!

Sing vrolik, berge!

Die Here het vir sy volk uitkoms gegee,

Hy het Hom ontferm oor sy volk wat in nood was.

14Sion sê: “Die Here het my verlaat,

die Here het my vergeet.”

15Kan 'n vrou haar eie baba vergeet,

haar nie ontferm oor die kind

wat sy in die wêreld gebring het nie?

Selfs al sou so iets kon gebeur,

Ek sal jou nie vergeet nie.

16Ek het jou naam in my handpalms gegraveer,

Ek sien jou mure altyd voor my.

17Jou kinders kom binnekort,

en dié wat jou verwoes en verniel het, sal uit jou uit padgee.

18Kyk rondom jou en sien wat gebeur,

al jou kinders kom bymekaar en hulle kom na jou toe.

So seker as Ek lewe, sê die Here,

jy sal oor hulle so bly wees soos 'n vrou oor halssnoere,

soos 'n bruid oor haar juwele.

JESAJA 49:13-18AFR83Maak oop in die Bybelleser

Danksegging na 'n moeilike tyd

3Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee. 4In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig, 5want net soos daar vir ons 'n oorvloed van lyding is ter wille van Christus, is daar ook vir ons 'n oorvloed van bemoediging deur Christus. 6As ons dus in beproewing kom, is dit dat julle bemoedig en gered kan word. As ons bemoedig word, is dit om julle te bemoedig en te versterk, sodat julle met geduld dieselfde lyding kan verduur wat ons ook verduur. 7En wat julle betref, het ons 'n vaste verwagting: ons weet dat net soos julle saam met ons deel het aan die lyding, julle ook aan die bemoediging deel het.

2 KORINTIËRS 1:3-7AFR83Maak oop in die Bybelleser

Versorging beteken om te vertroos – om jou daarop toe te lê om ’n ander se lyding fisiek, emosioneel of geestelik te verlig. Die Bybel gee baie aandag hieraan, en veral aan God wat sy mense vertroos, of iemand opdrag gee om hulle te vertroos.

In sy tweede brief aan die kerk in Korinte verduidelik die apostel Paulus waar ons troos vandaan kom asook ons vermoë om ander te vertroos.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS