Bible Society of South Africa

Geroep om te dien – Dag 17

Skuld en vergifnis

Bybelteks(te)

18Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here:

Al was julle skarlakenrooi van sonde,

julle sal wit word soos sneeu.

Al was julle purperrooi,

julle sal wit word soos wol.

8Barmhartig en genadig is die Here,

lankmoedig en vol liefde.

9Hy sal ons ons sonde nie bly toereken

en nie vir ewig toornig bly nie.

10Hy handel met ons nie volgens ons sondes nie,

vergeld ons nie vir ons ongeregtighede nie,

11want so groot as die afstand tussen hemel en aarde is,

so groot is sy liefde vir dié wat Hom dien.

12So ver as die ooste van die weste af is,

so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons af.

PSALMS 103:8-12AFR83Maak oop in die Bybelleser

23“As jy dus jou gawe na die altaar toe bring en dit jou daar byval dat jou broer iets teen jou het, 24laat staan jou gawe daar by die altaar en gaan maak eers vrede met jou broer en kom dan en bring jou gawe.

MATTEUS 5:23-24AFR83Maak oop in die Bybelleser

6As ons beweer dat ons aan Hom deel het, en ons lewe in die duisternis, lieg ons en handel ons nie volgens die waarheid nie. 7Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde. 8As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. 9Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.

1 JOHANNES 1:6-9AFR83Maak oop in die Bybelleser

32Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.

EFESIËRS 4:32AFR83Maak oop in die Bybelleser

Ons maak almal van tyd tot tyd foute. Almal van ons het ook al onregverdige optrede teenoor ons ervaar.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS