Bible Society of South Africa

Geroep om te dien – Dag 16

Negatiewe reaksie teenoor jou werk

Bybelteks(te)

Dit is 'n voorreg om te ly vir wat goed is

13Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is? 14Maar selfs as julle sou ly omdat julle doen wat reg is, moet julle dit as 'n voorreg beskou. Moenie vir mense bang wees of julle laat afskrik nie. 15In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe. 16Maar doen dit met beskeidenheid en met eerbied vir God. Sorg dat julle gewete skoon bly, sodat dié wat julle oor julle goeie lewenswandel in Christus belaster, daaroor skaam kan kry dat hulle kwaad van julle gepraat het. 17As dit die wil van God mag wees dat julle moet ly wanneer julle goed doen, is dit beter só as om te ly wanneer julle kwaad doen.

1 PETRUS 3:13-17AFR83Maak oop in die Bybelleser

Soms word jy gekonfronteer met mense wat nie goedkeur wat jy as versorger doen nie. Die Bybel gee ons riglyne oor hoe ons sulke konfrontasies kan hanteer.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS