Bible Society of South Africa

Geroep om te dien – Dag 15

Deursettingsvermoë

Bybelteks(te)

Die oog moet op Jesus gevestig wees

1Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, 2die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God. 3Hou Hom voor oë wat so 'n vyandige optrede van die sondaars teen Hom verdra het. Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie.

HEBREËRS 12:1-3AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die Skrif moedig ons aan om aan te hou en nie tou op te gooi nie.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS