Bible Society of South Africa

Geroep om te dien – Dag 14

Herstel van versorgers

Bybelteks(te)

27Waarom sê jy dan, Jakob,

waarom kla jy, Israel:

“Die Here sien nie raak wat van my word nie,

my reg gaan by my God verby”?

28Weet jy dan nie,

het jy nog nie gehoor nie?

Die Here is die ewige God,

Skepper van die hele aarde.

Hy word nie moeg nie,

Hy raak nie afgemat nie

en sy insig is ondeurgrondelik.

29Hy gee die vermoeides krag,

Hy versterk dié wat nie meer kan nie.

30Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat,

selfs manne in hulle fleur struikel en val,

31maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag.

Hulle vlieg met arendsvlerke,

hulle hardloop en word nie moeg nie,

hulle loop en raak nie afgemat nie.

JESAJA 40:27-31AFR83Maak oop in die Bybelleser

Ons almal ervaar tye wanneer ons moeg is, maar God belowe ons in sy Woord dat Hy ons nuwe krag sal gee.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS