Bible Society of South Africa

Geroep om te dien – Dag 13

Tyd om jou los te maak en aan te beweeg

Bybelteks(te)

Elke ding het sy vaste tyd

1Elke ding het sy vaste tyd,

elke ding in hierdie wêreld het sy tyd:

2daar is 'n tyd om gebore te word, 'n tyd om te sterwe,

'n tyd om te plant, 'n tyd om plante uit te trek,

3'n tyd om 'n lewe te neem, 'n tyd om 'n lewe te red,

'n tyd om af te breek, 'n tyd om te bou,

4'n tyd om te huil, 'n tyd om te lag,

'n tyd om te treur, 'n tyd om van blydskap te dans,

5'n tyd om klippe weg te gooi, 'n tyd om hulle bymekaar te maak,

'n tyd om te omhels, 'n tyd om weg te bly van omhelsing af,

6'n tyd om aan te skaf, 'n tyd om te laat wegraak,

'n tyd om te spaar, 'n tyd om weg te gooi,

7'n tyd om te skeur, 'n tyd om toe te werk,

'n tyd om stil te bly, 'n tyd om te praat,

8'n tyd om lief te hê, 'n tyd om te haat,

'n tyd vir oorlog, 'n tyd vir vrede.

9Wat kry die mens vir die werk waarmee hy hom vermoei?

10Ek het gesien dat God aan die mens 'n taak gegee het om hom mee besig te hou. 11God het elke ding gemaak dat dit pas in 'n bepaalde tyd, maar Hy het ook aan die mens 'n besef gegee van die onbepaalde tyd. Tog kan die mens die werk van God van begin tot einde nie begryp nie. 12Ek het tot die insig gekom dat daar vir 'n mens niks beter is nie as om vrolik te wees en die goeie van die lewe te geniet. 13Dat die mens kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet, ook dit is 'n gawe van God.

14Ek het tot die insig gekom dat wat God doen, blywend is:

jy kan daar niks byvoeg nie

en jy kan daar niks van wegneem nie.

God doen dit sodat die mens vir Hom ontsag sal hê.

PREDIKER 3:1-14AFR83Maak oop in die Bybelleser

Uit die Skrif leer ons dat dit wys is om te weet wanneer om te omhels en wanneer om afskeid te neem, wanneer om aan te hou soek, en wanneer om te aanvaar dat iets verlore is, wanneer om vas te hou en wanneer om te laat gaan.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS