Bible Society of South Africa

Geroep om te dien – Dag 12

Uitbranding by versorgers

Bybelteks(te)

3Elia het bang geword en ter wille van sy lewe gevlug. Toe hy by Berseba in Juda kom, het hy sy slaaf daar agtergelaat. 4Hy self het egter 'n dagreis ver die woestyn in gegaan. Daar het hy onder 'n besembos gaan sit en gewens hy gaan dood. Hy het gesê: “Nou is dit genoeg, Here! Neem my lewe, want ek is niks beter as my voorvaders nie.”

5Toe gaan hy lê en hy het daar onder die besembos aan die slaap geraak. Toe hy hom weer kom kry, skud 'n engel aan hom en sê: “Word wakker! Eet!”

6Toe hy opkyk, sien hy by sy kop roosterkoek wat op warm klippe gebak is, en 'n kruik water. Hy het geëet en gedrink en weer gaan lê. 7Die engel het 'n tweede keer aan hom geskud en gesê: “Word wakker! Eet! Anders sal die pad vir jou te lank word.”

8Toe staan hy op en hy eet, en deur die krag van die kos kon hy veertig dae en veertig nagte lank loop tot by Horeb, die berg van God.

1 KONINGS 19:3-8AFR83Maak oop in die Bybelleser

Jesus die groot Hoëpriester

14Terwyl ons dan nou 'n groot Hoëpriester het wat reeds deur die hemele gegaan het, Jesus, die Seun van God, laat ons vashou aan die geloof wat ons bely. 15Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie. 16Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word.

HEBREËRS 4:14-16AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die Skrif verstaan dat elkeen van ons soms aan die einde van ons kragte kom en lus voel om tou op te gooi soos Elia gedoen het toe die bose koningin Isebel hom met die dood gedreig het. In tye soos hierdie het ons die versekering dat God verstaan, dat Hy ons genadig is en ons kragte sal herstel.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS