Bible Society of South Africa

Geroep om te dien – Dag 11

Versorging en verhoudings

Bybelteks(te)

27Barnabas het hom egter oor Saulus ontferm en hom na die apostels toe gebring. Hy het vir hulle vertel hoe Saulus op die pad die Here gesien het en dat die Here met hom gepraat het, en hoe hy in Damaskus openlik in die Naam van Jesus gepreek het.

HANDELINGE 9:27AFR83Maak oop in die Bybelleser

Tweede sendingreis: Paulus en Barnabas skei van mekaar

36'n Tydjie later het Paulus vir Barnabas gesê: “Kom ons gaan kyk hoe gaan dit met die gelowiges in al die stede waar ons die woord van die Here verkondig het.”

37Barnabas wou vir Johannes, wat ook Markus genoem is, met hulle saamneem. 38Maar Paulus het gedink dit is nie reg om die man saam te neem wat hulle in Pamfilië verlaat het en nie end-uit die werk saam met hulle gedoen het nie. 39Hieroor het hulle so skerp verskil dat hulle van mekaar geskei het. Barnabas het toe vir Markus geneem en met 'n skip na Siprus toe vertrek. 40Paulus het vir Silas gekies en vertrek, nadat hulle deur die gelowiges aan die genade van die Here toevertrou is.

HANDELINGE 15:36-40AFR83Maak oop in die Bybelleser

12Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. 13Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. 14Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind. 15En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar.

KOLOSSENSE 3:12-15AFR83Maak oop in die Bybelleser

In ’n gebroke wêreld werk verhoudings soms nie uit soos ons gehoop het nie. In Handelinge lees ons van Barnabas wie se naam “iemand wat mense moed inpraat” beteken (Handelinge 4:36). Dis hy wat vir Paulus (toe nog Saulus) onder sy vlerk geneem het aan die begin van sy bediening.

Die Bybel doen egter ’n beroep op ons om ons bes te doen om verhoudings in ’n gees van liefde te herstel.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS