Bible Society of South Africa

Geroep om te dien – Dag 10

Versorgers is geseënd

Bybelteks(te)

Here, wees my genadig

1Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid.

2Dit gaan goed met die mens wat omsien na die swakke.

Die Here sal hom red op die dag van nood,

3die Here sal hom beskerm en in die lewe hou;

die hele land sal praat oor hoe goed dit met hom gaan.

U sal hom nie uitlewer aan die wraaksug van sy vyande nie.

PSALMS 41:1-3AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die bergrede

1Toe Jesus die menigte mense sien, het Hy teen die berg opgegaan. Nadat Hy gaan sit het, het sy dissipels na Hom toe gekom, 2en Hy het hulle geleer en gesê:

Die werklik gelukkiges

3“Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.

4Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word.

5Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.

6Geseënd is dié wat honger en dors na wat reg is, want hulle sal versadig word.

7Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.

8Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien.

9Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

10Geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.

11“Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê. 12Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg.”

MATTEUS 5:1-12AFR83Maak oop in die Bybelleser

Uit die Skrif leer ons dat God dié wat ander versorg, seën.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS