Bible Society of South Africa
Hennie Symington

Gebed – Dag 17

Sewende petisie

Bybelteks(te)

13en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose.

MATTEUS 6:13AFR83Maak oop in die Bybelleser

Hoe versoek Jesus die Vader om ons te bewaar teen die Bose? In Johannes 17:15 bid Hy: “Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld moet wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose moet bewaar.”

God weet en ons weet dat daar ʼn bose mag is wat boosheid as sy strategie gebruik. Jesus bid dus spesifiek dat sy mense teen hierdie bose mag bewaar moet word. Want agter die versoeking staan die versoeker, agter die leuen staan die “vader van die leuen”, en agter al die dood en bloedvergieting staan die “moordenaar van die begin af”(Johannes 8:44).

Hoe sal Jesus ons teen die bose bewaar? In Johannes 17:17 bid Hy vir sy dissipels: “Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U woord is die waarheid.”

Die teenmiddel teen elke leuen is die waarhede wat in die Bybel geskryf staan. Trouens, daar is geen ander verweer nie. As valsheid dus die modus operandi van die bose en die “vader van die leuen” is, dan maak God se waarheid ons vry.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS