Bible Society of South Africa
Hennie Symington

Gebed – Dag 18

Gloria: Aan U behoort die koninkryk …

Bybelteks(te)

11Die grootheid, Here, die krag, die glans, die roem en die majesteit behoort aan U, ja, alles in die hemel en op aarde. Aan U, Here, behoort die heerskappy; U is bo almal verhewe.

1 KRONIEKE 29:11AFR83Maak oop in die Bybelleser

Ons het ons gebed begin deur God te loof, Hom te erken as Vader en deur sy heilige Naam te eer. Aan die einde keer ons terug om sy Naam groot te maak en sy gesag, krag en majesteit te roem. Die laaste deel van die Ons Vader-gebed — “Aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid” — word egter in die meeste moderne vertalings van die gebed weggelaat omdat latere manuskripte nie hierdie woorde bevat nie. Ek neem dus die vryheid om uit 1 Kronieke 29:11 aan te haal omdat dit aansluit by beide die aard en die lering van die Bybel in ander plekke, asook die Ons Vader-gebed.

In hierdie gedeelte word ons opgeroep of opdrag gegee om God te loof. Waarom? Nie omdat Hy dit vra nie, maar omdat die mens nodig het om God te prys. Dit herinner ons aan God se grootsheid en aan sy majesteit. Dit verander ons perspektief en houding teenoor God. Om God te prys behoort ons begin en ons einde in ons verhouding met Hom te wees.

In hierdie afsluitingsgebed bevestig ons dat God uitsluitlike eienaarskap het van “die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid”. Dit kan gesê word van niemand anders behalwe God nie.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS