Bible Society of South Africa

Ek is hy – Dag 8

Hy Kry Soms Swaar

Hy beleef dat alles in die lewe nie altyd glad verloop nie. Hy kry seer as daar slegte dinge oor sy pad kom, soms as gevolg van sy eie verkeerde keuses. Maar daar is ook dinge waaroor hy geen beheer het nie en wat seermaak. Soms sukkel hy om homself los te maak van sy verlede, maar ander kere kry hy dit tog reg om met God oor sy swaarkry te praat en sy pyn te konfronteer. Dan besef hy dat hy, ten spyte van sy verlede, nuut kan begin.

En jy ontdek: Ek is hy!

Bybelteks(te)

13En eendag, toe Job se seuns en dogters besig was om te eet en wyn te drink in hulle oudste broer se huis, 14kom 'n boodskapper by Job met die nuus: “Die osse was aan die ploeg, en die donkies het langsaan gewei. 15Toe oorval mense uit Skeba ons en hulle roof alles en maak die slawe dood. Net ek het weggekom om dit vir u te vertel.”

16Hy was nog aan die praat, toe kom daar nog een met die nuus: “Weerlig het die kleinvee en hulle wagters doodgeslaan en verbrand. Net ek het weggekom om dit vir u te vertel.”

17Hy was nog aan die praat, toe kom daar nog een met die nuus: “Drie groepe Galdeërs het die kamele geroof en is daarmee weg nadat hulle die slawe doodgemaak het. Net ek het weggekom om dit vir u te vertel.”

18Hy was nog aan die praat, toe kom daar nog een met die nuus: “U seuns en dogters was besig om te eet en wyn te drink in die huis van hulle oudste broer. 19Meteens het daar 'n sterk wind van die woestyn se kant af opgekom en die huis van al vier kante af op u kinders omgewaai. Almal is dood. Net ek het weggekom om dit vir u te vertel.”

20Toe het Job opgestaan en sy klere geskeur. Hy het ook sy hare afgeskeer. Daarna het hy op die grond gaan lê en gesê:

21“Sonder iets het ek in die wêreld gekom

en sonder iets gaan ek daaruit.

Die Here het gegee en die Here het geneem.

Prys die Naam van die Here.”

22Onder alles het Job nie gesondig of God iets verwyt nie.

Die siekte en herstel van Hiskia

1In dié tyd het Hiskia ernstig siek geword. Die profeet Jesaja seun van Amos het na hom toe gekom en gesê: “So sê die Here: Sê vir jou gesin wat jou laaste wense is, want jy gaan sterf, jy sal nie langer lewe nie.”

2 KONINGS 20:1AFR83Maak oop in die Bybelleser

2Toe draai Hiskia sy gesig na die muur toe en hy bid tot die Here: 3“Ag, Here, neem tog in ag dat ek voor U in trou en met volle oorgawe geleef het en dat ek gedoen het wat reg is in u oë.”

Hiskia het bitterlik gehuil.

2 KONINGS 20:2-3AFR83Maak oop in die Bybelleser

34Toe Esau veertig was, het hy getrou met Jehudit dogter van Beëri, 'n Hetiet, en met Basemat dogter van Elon, 'n Hetiet. 35Hulle het baie kommer in Isak en Rebekka se lewe gebring.

GENESIS 26:34-35AFR83Maak oop in die Bybelleser

13Die volgende dag gaan hy weer, en tot sy verbasing was daar twee Hebreeuse manne aan die baklei. “Waarom slaan jy aan jou broer?” vra hy vir die een wat die rusie begin het.

14“Wie het jou aangestel as baas en regter oor ons?” vra die ander. “Wil jy my miskien ook doodslaan, soos jy die Egiptenaar doodgeslaan het?”

Toe skrik Moses en hy dink: die ding het bekend geword.

15Toe dit by die farao uitkom, wou hy vir Moses laat doodmaak, maar Moses het van hom af weggevlug en in Midian gaan woon.

Terwyl hy daar by 'n put sit, 16het die sewe dogters van 'n priester van Midian kom water skep om die drinkbakke vol te maak en hulle pa se kleinvee te laat suip.

EKSODUS 2:13-16AFR83Maak oop in die Bybelleser

7selfs nie vanweë die verhewenheid van die openbarings nie. Daarom, sodat ek nie hoogmoedig sou wees nie, is daar vir my 'n doring in die vlees gegee, 'n boodskapper van Satan om my met vuiste te slaan. 8Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word. 9Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. 10Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk.

2 KORINTIËRS 12:7-10AFR83Maak oop in die Bybelleser

U het my gebed verhoor

1Vir die koorleier: op die wysie van “Die wildsbok van die daeraad”. 'n Psalm van Dawid.

2My God, my God, waarom het U my verlaat

en bly U ver as ek om hulp roep?

3My God, ek roep bedags en U antwoord nie,

ook snags, maar ek kry geen rus nie.

PSALMS 22:1-3AFR83Maak oop in die Bybelleser

11Van my geboorte af is ek onder u sorg,

van die begin van my lewe af is U my God.

12Moet tog nie so ver van my af weg bly nie,

want die nood is naby

en daar is niemand wat help nie.

13'n Wreedaardige klomp mense het my omsingel,

soos beeste uit Basan staan hulle my toe.

14Soos verskeurende, brullende leeus storm hulle met oop bekke op my af.

15Ek is soos uitgestorte water,

al my bene het uitmekaar geval,

my hart het soos was geword,

dit smelt weg in my.

PSALMS 22:11-15AFR83Maak oop in die Bybelleser

My hulp kom van die Here

1'n Pelgrimslied.

Ek kyk op na die berge:

waarvandaan sal daar vir my hulp kom?

2My hulp kom van die Here

wat hemel en aarde gemaak het.

3Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie;

Hy wat jou beskerm, slaap nooit nie.

4Waarlik, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie

en Hy slaap nie.

5Die Here beskerm jou,

die Here bewaar jou van alle gevare.

6Bedags sal die son jou nie steek nie

en snags sal die maan jou nie kwaad doen nie.

7Die Here sal jou beskerm teen alle gevaar,

jou lewe sal Hy beskerm.

8Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan,

nou en vir altyd.

PSALMS 121:1-8AFR83Maak oop in die Bybelleser

12“Terwyl ek hieroor na Damaskus toe op reis was, met volmag en in opdrag van die priesterhoofde, 13het ek, U Majesteit, helder oordag langs die pad 'n lig gesien wat uit die hemel gekom het. Dit was helderder as die son en dit het op my en my reisgenote geskyn. 14Ons het almal op die grond neergeval, en ek het 'n stem in Hebreeus vir my hoor sê: ‘Saul, Saul, waarom vervolg jy My? Jy maak jou net seer deur jou te verset.’ 15‘Wie is U, Here?’ vra ek toe. ‘Ek is Jesus,’ sê die Here. ‘Dit is vir My wat jy vervolg. 16Maar staan op, staan regop. Ek het aan jou verskyn om jou as my dienaar aan te stel. Jy moet getuie wees van wat jy van My gesien het en van wat Ek jou nog sal laat sien. 17Ek sal jou beskerm teen die volk Israel en teen die heidennasies na wie toe Ek jou stuur. 18Jy moet hulle oë oopmaak sodat hulle hulle van die duisternis tot die lig en van die mag van die Satan tot God kan bekeer. Deur in My te glo, sal hulle sondes vergewe word en sal hulle deel word van die volk van God.’

19“Van toe af, koning Agrippa, was ek nie aan die gesig uit die hemel ongehoorsaam nie.

HANDELINGE 26:12-19AFR83Maak oop in die Bybelleser

19Toe Josef se eienaar by sy vrou hoor wat sy slaaf alles aan haar gedoen het, was hy kwaad, 20en het hy vir Josef gevat en in die tronk gegooi waarin die mense was wat deur die koning gevange gehou is.

Terwyl Josef daar in die tronk was, 21was die Here by hom, en Hy het Josef sy troue liefde laat ondervind, sodat die tronkbewaarder hom goedgesind geword het. 22Hy het vir Josef in beheer geplaas van al die gevangenes in die tronk en van wat hulle moes doen. Josef was vir alles verantwoordelik, 23en die tronkbewaarder het nie meer na iets omgesien nie; alles was in Josef se hande, want die Here was by hom. Wat Josef ook al aangepak het, die Here het dit laat slaag.

GENESIS 39:19-23AFR83Maak oop in die Bybelleser

3Toe sê Josef vir sy broers: “Ek is Josef. Leef Pa werklik nog?”

Sy broers kon hom nie antwoord nie, hulle was te bang vir hom. 4Maar hy het vir hulle gesê: “Kom na my toe!” en toe hulle nader kom, sê hy: “Ek is julle broer Josef. Julle het my verkoop, en ek is Egipte toe gebring. 5Maar julle moet nou nie sleg voel of bang wees omdat julle my verkoop het nie, want God het my voor julle uit gestuur om lewens te red. 6Dit is nou maar die tweede jaar van hongersnood in die land. Daar lê nog vyf jaar voor waarin daar nie geploeg of geoes sal word nie. 7God het my voor julle uit gestuur om vir julle 'n oorblyfsel in hierdie land te laat oorbly, om julle aan die lewe te hou en sodat baie aan die dood sal ontkom. 8Dis nie júlle wat my hierheen gestuur het nie, maar God. Hy het my laat aanstel as die farao se raadgewer en as bevelhebber oor sy huis en as regeerder oor die hele Egipte.

GENESIS 45:3-8AFR83Maak oop in die Bybelleser

22Die skare het ook teen hulle gekant geraak. Die stadsbestuur het toe hulle klere van hulle laat afskeur en beveel dat hulle lyfstraf moet kry. 23Nadat hulle baie geslaan is, is hulle in die tronk gegooi, en die bewaarder het opdrag gekry om hulle streng te bewaak. 24Op hierdie bevel het hy hulle in die binneste sel opgesluit en hulle voete in die houtblok vasgeklem.

25Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing. Die ander gevangenes het na hulle geluister.

HANDELINGE 16:22-25AFR83Maak oop in die Bybelleser

  • Al dien hy God, gebeur daar soms slegte dinge met hom
  • Hy ly aan ’n ongeneeslike siekte
  • Hy kry swaar omdat sy kind die verkeerde keuses maak
  • Sy verlede spook by hom
  • Daar is swakhede in sy lewe
  • Soms voel hy eensaam en uitgelewer
  • Tog glo hy vas dat God hom weer sal help
  • Hy weet hy kan nuut begin ten spyte van sy verlede
  • Hy weet dat God ook in swaarkry by hom is
  • Al kry hy swaar, weet hy dat God ’n groter plan vir sy lewe het
  • Hy loof God ten spyte van sy swaarkry

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS