Bible Society of South Africa

Ek is hy – Dag 7

Hy Is 'n Geestelike Leier

Hy is bereid om geestelik leiding te neem wanneer dit van hom verwag word. Hy is nie noodwendig ’n predikant nie, maar hy hoor as God hom roep om te getuig, om diegene wat in geestelike nood verkeer, te help, en om mense na Hom terug te lei. Hy luister na God en hy doen sy deel in die gemeente.

En jy ontdek: Ek is hy!

Bybelteks(te)

12Hy het die aarde gesien: dit was korrup, elke mens op aarde se lewe was verrot. 13Toe sê God vir Noag: “Ek het besluit om 'n einde te maak aan alle mense, want deur hulle toedoen is die aarde vol geweld. Ek gaan hulle saam met die aarde verdelg.

14“Maak vir jou 'n ark van goferhout. Jy moet vertrekke in die ark maak en dit binne en buite met pik dig maak.

GENESIS 6:12-14AFR83Maak oop in die Bybelleser

22Noag het alles gedoen presies soos God hom beveel het.

GENESIS 6:22AFR83Maak oop in die Bybelleser

1Van Paulus, 'n apostel van Christus Jesus in opdrag van God ons Verlosser en van Christus Jesus ons Hoop.

2Aan Timoteus, my eie kind in die geloof.

Genade, barmhartigheid en vrede van God die Vader en Christus Jesus ons Here!

1 TIMOTEUS 1:1-2AFR83Maak oop in die Bybelleser

18Hierdie opdrag gee ek aan jou, Timoteus, my kind, in ooreenstemming met die profesieë wat vroeër oor jou uitgespreek is. Met hierdie woorde in gedagte, moet jy die goeie stryd stry. 19Hou vas aan die geloof en behou 'n goeie gewete. Omdat sommige hulle gewete onderdruk het, het hulle geloof skipbreuk gely. 20Onder hulle is daar Himeneus en Aleksander, wat ek aan die Satan oorgegee het, sodat hulle daardeur kan leer om God nie te laster nie.

1 TIMOTEUS 1:18-20AFR83Maak oop in die Bybelleser

In Antiogië wys Paulus vir Petrus tereg

11Toe Sefas egter later na Antiogië toe gekom het, het ek my openlik teen hom verset omdat sy optrede duidelik verkeerd was. 12Voordat daar van Jakobus se mense aangekom het, het Sefas gewoonweg saam met nie-Joodse gelowiges geëet. Maar toe dié mense daar aankom, het hy hom onttrek en hom eenkant begin hou, omdat hy bang was vir die voorstanders van die besnydenis. 13Die ander Joodse gelowiges het ook saam met hom begin huigel, en selfs Barnabas het hom deur hulle huigelary laat meesleep.

14Toe ek sien dat hulle van die reguit pad van die evangeliese waarheid afwyk, het ek daar voor almal vir Sefas gesê: “Jy is 'n Jood, en jy hou jou nie meer aan die Joodse gebruike nie. As jy self leef asof jy nie 'n Jood is nie, hoe kan jy dan mense wat nooit Jode was nie, wil dwing om te lewe asof hulle Jode is?”

GALASIËRS 2:11-14AFR83Maak oop in die Bybelleser

Apollos preek in Efese

24Intussen het daar 'n Jood met die naam Apollos, wat in Aleksandrië gebore is, in Efese aangekom. Hy was 'n begaafde spreker met 'n deeglike kennis van die Skrif. 25Hy het in die leer van die Here onderrig ontvang en het met groot geesdrif gepraat en aan ander noukeurig alles oor Jesus geleer; maar die doop waarvan hy geweet het, was net dié van Johannes. 26Hy het met vrymoedigheid in die sinagoge begin preek. Toe Priscilla en Akwila hom hoor, het hulle hom huis toe geneem en vir hom die leer van God nog duideliker gemaak.

HANDELINGE 18:24-26AFR83Maak oop in die Bybelleser

14“Betoon dan nou eerbied aan die Here en dien Hom met opregtheid en met trou. Sien af van die gode wat julle voorvaders anderkant die Eufraat en in Egipte gedien het, en dien die Here. 15Of, as julle dit nie goedvind om die Here te dien nie, kies dan vandag wie julle wil dien: die gode wat julle voorvaders gedien het anderkant die Eufraat, of die gode van die Amoriete in wie se land julle woon. Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.”

JOSUA 24:14-15AFR83Maak oop in die Bybelleser

6Wat my betref, ek word alreeds as drankoffer uitgegiet. Die tyd van my dood is voor die deur. 7Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig end-uit volgehou. 8Nou wag die oorwinnaarskroon vir my, die lewe by God. Op die dag dat Hy weer kom, sal die Here, die regverdige Regter, dit vir my gee, en nie net vir my nie, maar ook vir almal wat met verlange uitsien na sy koms.

2 TIMOTEUS 4:6-8AFR83Maak oop in die Bybelleser

Laaste opdrag aan Timoteus

10Maar jy het my nagevolg in leer, lewenswandel en lewensdoel, in geloof, geduld, liefde en volharding, 11in vervolging en ontbering soos my te beurt geval het in Antiogië, Ikonium en Listra. Watter vervolging moes ek nie alles verduur nie! Maar die Here het my uit almal gered. 12Almal wat in Christus Jesus toegewy aan God wil lewe, sal ook vervolg word. 13Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger. Hulle mislei ander en word self mislei.

14Maar jy, bly by wat jy geleer het en wat jy vas glo. Jy weet tog wie jou leermeesters was 15en jy ken van kleins af die heilige Skrif. Dit kan jou die kennis bybring wat tot verlossing lei deur die geloof in Christus Jesus.

2 TIMOTEUS 3:10-15AFR83Maak oop in die Bybelleser

  • Hy is bereid om na vore te tree wanneer die Here hom roep
  • Hy moedig jonger mense aan om hulle geloof te behou
  • Hy neem standpunt in oor geestelike sake
  • Hy rus ander toe met die waarheid van die Evangelie
  • Hy en sy gesin stel ’n goeie voorbeeld van toewyding aan God
  • Hy volg die Here end-uit
  • Hy laat ’n geestelike erfenis na

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS