Bible Society of South Africa

Ek is hy – Dag 6

Hy Maak 'n Verskil

Hy is ’n man wat ’n bydrae in die samelewing wil lewer. Hy is nie bang om te waag nie. Hy laat sy stem hoor, en sodoende maak hy die wêreld ’n beter plek. Hy het God se roeping vir sy lewe ontdek en leef dit van harte uit.

En jy ontdek: Ek is hy!

Bybelteks(te)

Nehemia kry toestemming om Jerusalem te herbou

1Dit was in die maand Nisan, die twintigste jaar van koning Artasasta. Die wyn was voor hom, en ek moes dit optel en aan hom gee. Ek was nooit bedruk voor hom nie, 2maar dié dag sê die koning vir my: “Hoekom lyk jy so bedruk? Is jy dalk siek? Nie? Hartseer dan?”

Ek was baie bang, 3maar ek het vir die koning gesê: “Mag die koning baie lank lewe! Hoe sal ek dan nie bedruk lyk as die stad waar my voorvaders begrawe is, in puin lê en sy poorte verbrand is nie?”

4Toe sê die koning vir my: “Is daar iets wat jy my wil vra?”

Ek het 'n skietgebed opgestuur na die God van die hemel 5en toe vir die koning gesê: “As die koning dit goedvind, as u dienaar op u goedgesindheid mag reken, stuur my na Juda toe, na die stad waar my voorvaders begrawe is, sodat ek die stad kan herbou.”

6Die koningin het langs die koning gesit. Hy het vir my gevra: “Hoe lank sal jou reis duur en wanneer sal jy terug wees?”

Hy was die saak dus goedgesind, hy het my die opdrag gegee. Ek het vir hom 'n tyd aangedui

NEHEMIA 2:1-6AFR83Maak oop in die Bybelleser

3Die koning het vir Aspenas, sy hoofpaleisbeampte, beveel om uit die Israeliete jongmanne na die paleis toe te bring, uit die koninklike geslag en uit die geslag van vername mense. 4Die jongmanne moes sonder liggaamsgebrek wees, mooi, toegerus met kennis, verstandig, bekwaam en in staat om in die paleis diens te doen. Hulle moes onderrig word in die Galdeërs se skrif en taal. 5Die koning het bepaal dat hulle 'n daaglikse porsie van sy kos en wyn moet ontvang en dat hulle drie jaar lank opgelei moet word. Daarna moet hulle in diens van die koning tree. 6Onder hierdie Judeërs was daar Daniël, Gananja, Misael en Asarja, 7maar die hoofpaleisbeampte het vir hulle ander name gegee: Daniël is Beltsasar genoem, Gananja Sadrag, Misael Mesag en Asarja Abednego.

8Daniël het hom voorgeneem om hom nie met die koning se kos en wyn te verontreinig nie en hy het die hoofpaleisbeampte vergunning gevra om dit nie te gebruik nie.

DANIËL 1:3-8AFR83Maak oop in die Bybelleser

Stefanus word gestenig

54Toe die lede van die Joodse Raad dit hoor, het hulle van woede op hulle tande gekners. 55Maar Stefanus, vol van die Heilige Gees, het opgekyk na die hemel en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat aan die regterhand van God staan.

56“Kyk,” het hy gesê, “ek sien die hemel geopen en die Seun van die mens wat aan die regterhand van God staan.”

57Toe het hulle hard geskreeu en hulle ore toegedruk. Soos een man het hulle op hom afgestorm, 58hom uit die stad uitgesleep en gestenig. Die getuies het hulle klere neergesit by 'n jongman met die naam Saulus. 59Terwyl hulle vir Stefanus stenig, het hy geroep: “Here Jesus, ontvang my gees!”

60Toe het hy op sy knieë neergesak en hard uitgeroep: “Here, moet hulle tog nie hierdie sonde toereken nie!”

Met hierdie woorde het hy gesterwe.

HANDELINGE 7:54-60AFR83Maak oop in die Bybelleser

9Dawid het ook klaargemaak en uit die grot uitgegaan. Hy het agter Saul aan geroep: “U Majesteit, die Koning!” Toe Saul omkyk, het Dawid gekniel en diep gebuig.

10Dawid sê toe vir Saul: “Waarom luister u na die praatjies van mense wat sê Dawid soek u ondergang? 11U sien vandag met u eie oë dat die Here u nou in die grot in my hand gegee het en as 't ware vir my gesê het om u dood te maak. Maar ek het u gespaar en gesê: ‘Ek sal my hand nie teen my koning oplig nie, want hy is die gesalfde van die Here.’ 12My vader, kyk tog, kyk na die punt van u mantel in my hand. Deurdat ek die punt van u mantel afgesny het, maar u nie doodgemaak het nie, kan u weet en sien dat daar geen kwaadwilligheid of opstandigheid by my is nie. Ek het nie teen u in opstand gekom nie, selfs al agtervolg u my om my lewe te neem. 13Die Here sal regspreek tussen my en u en die Here sal my wreek op u, maar ek sal nie teen u wees nie. 14Soos die spreekwoord van die voorgeslag lui:

“ ‘Boosheid gaan uit van die boosdoeners,’

“maar ek sal nie teen u wees nie. 15Agter wie aan het die koning van Israel opgetrek? Agter wie kom u aan? Agter 'n dooie hond aan; agter een enkele vlooi aan!

1 SAMUEL 24:9-15AFR83Maak oop in die Bybelleser

  • Hy het die moed om iets tot voordeel van sy gemeenskap te doen
  • Hy staan op vir dit wat reg is
  • Hy styg bo onreg uit

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS