Bible Society of South Africa

Ek is hy – Dag 3

Hy Staan in Verhouding met Homself

Hy is elke dag bewus van sy fisieke sowel as sy geestelike behoeftes. Hy besef dat God in sy totale menswees belangstel.

En jy ontdek: Ek is hy!

Bybelteks(te)

27God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep.

GENESIS 1:27AFR83Maak oop in die Bybelleser

7Vroeër het julle ook aan dié dinge meegedoen toe julle nog daarin gelewe het. 8Maar nou moet julle al hierdie dinge laat staan: woede, haat, nyd en gevloek. Vuil taal moet daar nie uit julle mond kom nie, 9en moenie vir mekaar lieg nie. Julle het met die ou, sondige mens en sy gewoontes gebreek 10en leef nou die lewe van die nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper en tot die volle kennis van God.

KOLOSSENSE 3:7-10AFR83Maak oop in die Bybelleser

18Julle moet niks met seksuele losbandigheid te doen hê nie. Elke ander sonde wat 'n mens doen, vind buite sy liggaam plaas, maar iemand wat seksueel losbandig lewe, vergryp hom aan sy eie liggaam. 19Of besef julle nie dat julle liggaam 'n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: 20julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik.

1 KORINTIËRS 6:18-20AFR83Maak oop in die Bybelleser

Jy is Myne

1Luister, so sê die Here

wat jou geskep het, Jakob,

wat jou gevorm het, Israel:

Moenie bang wees nie, Ek verlos jou,

Ek het jou op jou naam geroep,

jy is Myne.

2As jy deur water moet gaan, is Ek by jou,

deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie;

as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie,

die vlamme sal jou nie brand nie,

3want Ek is die Here jou God,

die Heilige van Israel, jou Redder.

Ek gee Egipte as losprys vir jou,

Kus en Seba in jou plek.

JESAJA 43:1-3AFR83Maak oop in die Bybelleser

Jeremia word tot profeet geroep

4Die woord van die Here het tot my gekom:

5Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel.

6“Ag, Here my God,” het ek geantwoord,

“ek kan nie goed praat nie, ek is nog te jonk.”

7Toe sê die Here vir my:

Jy moenie sê: “Ek is te jonk” nie.

Jy moet gaan na wie toe Ek jou ook al stuur,

en alles wat Ek jou beveel om te sê, moet jy sê.

8Moenie vir hulle bang wees nie,

want Ek is by jou, Ek sal jou red.

Dit is wat die Here gesê het.

JEREMIA 1:4-8AFR83Maak oop in die Bybelleser

24Weet julle nie dat atlete wat aan 'n wedloop deelneem, wel almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie? Hardloop dan só dat julle die prys kan wen. 25Almal wat aan 'n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om 'n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons 'n onverganklike. 26Ek hardloop dan ook soos een wat nie van sy doel onseker is nie; ek slaan soos 'n bokser wat nie in die lug slaan nie. 27Maar ek oefen my liggaam en bring dit onder beheer, sodat ek nie ander tot die stryd oproep en self nie kwalifiseer nie.

1 KORINTIËRS 9:24-27AFR83Maak oop in die Bybelleser

  • Hy besef dat hy as beeld van God geskep is
  • Hy streef daarna om God se beeld uit te dra
  • Hy pas sy liggaam op
  • Hy weet dat hy spesiaal is vir God
  • Hy weet die Here het ’n spesiale doel met hom
  • Hy is seker van sy doel

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS