Bible Society of South Africa

Ek is hy – Dag 4

Hy Het Gevoelens

Al is hy ’n man, het hy ook emosies. Emosies is onlosmaaklik deel van sy manwees. Hy beleef die vreugde van die lewe intens. Hy ervaar egter soms ook negatiewe emosies soos hartseer, neerslagtigheid of minderwaardigheid.

En jy ontdek: Ek is hy!

Bybelteks(te)

9Die Leviete het uit die boek, uit die wet van God, voorgelees en dit uitgelê. Hulle het die betekenis weergegee sodat die mense kon verstaan wat gelees word.

68“Lofwaardig is die Here, die God van Israel,

want Hy het sy volk in genade opgesoek

en vir hulle verlossing bewerk.

69'n Sterk Verlosser het Hy vir ons laat opstaan

uit die huis van sy dienaar Dawid.

70So het die Here dit reeds

van oudsher belowe

deur die mond van sy heilige profete:

71om ons te verlos van ons vyande

en uit die hand van al ons haters;

72om Hom te ontferm oor ons voorvaders

en sy heilige verbond te onthou.

73Met 'n eed het Hy dit bevestig

aan ons voorvader Abraham

dat Hy sou gee dat ons,

74gered uit die hand van vyande,

Hom onbevrees kan dien

75in vroomheid en opregtheid

al die dae van ons lewe.

LUKAS 1:68-75AFR83Maak oop in die Bybelleser

74Toe begin hy vloek, en hy sweer: “Ek ken die man nie!”

75En op daardie oomblik het daar 'n haan gekraai. Toe val dit Petrus by wat Jesus gesê het: “Voordat die haan kraai, sal jy My drie maal verloën.” En hy het buitentoe gegaan en bitterlik gehuil.

MATTEUS 26:74-75AFR83Maak oop in die Bybelleser

6Toe Mefiboset seun van Saul se seun Jonatan by Dawid kom, het hy op sy knieë geval voor Dawid en gebuig.

“Mefiboset?” vra Dawid.

“Ek is u onderdaan,” antwoord hy.

7Dawid sê vir hom: “Moenie bekommerd wees nie, want ek het besluit om jou onder my sorg te neem ter wille van Jonatan jou pa. Ek gaan al die grond van jou oupa Saul aan jou teruggee, en boonop sal jy van nou af by my aan huis eet.”

8Hy het weer voor Dawid gebuig en gesê: “Wat is ek tog dat u aandag gee aan 'n dooie hond soos ek?”

2 SAMUEL 9:6-8AFR83Maak oop in die Bybelleser

13U het my gevorm,

my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder.

14Ek wil U loof,

want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep.

Wat U gedoen het,

vervul my met verwondering.

Dit weet ek seker:

15geen been van my was vir U verborge

toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie,

toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot.

16U het my al gesien toe ek nog ongebore was,

al my lewensdae was in u boek opgeskrywe

nog voordat ek gebore is.

17Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God,

hoe magtig hulle almal!

PSALMS 139:13-17AFR83Maak oop in die Bybelleser

32“Gaan dit goed met my kind Absalom?” vra die koning, en die Kussiet antwoord: “Mag dit met die vyande van die koning en almal wat teen u in opstand kom en u ondergang wil bewerk, gaan soos met daardie kind.”

33Die koning het ontroerd geraak en in trane na die kamer bokant die poort opgeklim. Daar het hy heen en weer geloop en gesê: “My seun, Absalom, my seun, my seun. Absalom, ag, as ek maar in jou plek kon gesterwe het. Absalom, my seun, my seun.”

1Daar is aan Joab vertel: “Kan jy dit glo? Die koning huil en treur oor Absalom!”

2So het die oorwinningsdag 'n dag van trane geword vir al die manskappe, want hulle het gehoor dat die koning bedroef is oor sy seun. 3Op dié dag het die manskappe die stad binnegesluip, soos wanneer hulle beskaamd insluip as hulle uit 'n geveg weggehardloop het.

4Die koning het sy gesig toegehou en hardop uitgeroep: “My seun Absalom; Absalom, my seun, my seun!”

2 SAMUEL 18:32-19:4AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die siekte en herstel van Hiskia

1In dié tyd het Hiskia ernstig siek geword. Die profeet Jesaja seun van Amos het na hom toe gekom en gesê: “So sê die Here: Sê vir jou gesin wat jou laaste wense is, want jy gaan sterf, jy sal nie langer lewe nie.”

2Toe draai Hiskia sy gesig na die muur toe en hy bid tot die Here: 3“Ag, Here, neem tog in ag dat ek voor U in trou en met volle oorgawe geleef het en dat ek gedoen het wat reg is in u oë.”

Hiskia het bitterlik gehuil.

4Die Here het toe vir Jesaja gesê: 5“Gaan sê vir Hiskia: So sê die Here die God van jou voorvader Dawid: Ek het jou gebed verhoor, Ek het jou trane gesien. Ek sal jou lewe met vyftien jaar verleng 6en jou en dié stad red uit die mag van die koning van Assirië. Ek sal dié stad beskerm.

JESAJA 38:1-6AFR83Maak oop in die Bybelleser

3Toe Dawid en sy manne in die dorp kom, was dit afgebrand en hulle vrouens, seuns en dogters was as gevangenes weggevoer. 4Dawid en sy manne het hard gehuil totdat hulle nie meer kon huil nie. 5Die twee vrouens van Dawid, Aginoam uit Jisreël, en Abigajil die weduwee van Nabal die Karmeliet, was ook as gevangenes weggevoer. 6Dawid was in die nood, want die manne het daaraan gedink om hom met klippe dood te gooi. Almal was verbitterd, elkeen oor sy seuns en dogters, en toe het Dawid hulp gevra by die Here sy God.

1 SAMUEL 30:3-6AFR83Maak oop in die Bybelleser

  • God se Woord ontroer hom
  • Sy hart loop oor van lof
  • Hy voel bitter teleurgesteld in homself
  • Soms voel hy minderwaardig
  • Hy voel weerloos
  • Hy ervaar die pyn van swaarkry
  • Hy voel bitter oor wat met hom gebeur

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS