Bible Society of South Africa

Ek is hy – Dag 2

Hy Staan in Verhouding met Ander Mense

Hy leef nie in isolasie nie. Hy leef tussen en saam met ander mense. Elke verhouding waarin hy staan, is uniek en stel spesifieke eise aan hom.

En jy ontdek: Ek is hy!

Bybelteks(te)

18Verder het die Here God gesê: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke.”

19Die Here God het toe uit grond al die wilde diere en al die voëls gevorm en na die mens toe gebring om vas te stel hoe hy elkeen sou noem; en wat die mens elke lewende wese sou noem, dit sou sy naam wees.

20Die mens gee toe name vir al die mak diere, die voëls en die wilde diere, maar vir homself het hy nie 'n helper, 'n gelyke, gekry nie. 21Toe het die Here God 'n diep slaap oor die mens laat kom, sodat hy vas geslaap het. Die Here God neem toe 'n ribbebeen uit die mens, vul die plek met vleis op, 22en die ribbebeen wat Hy uit die mens geneem het, bou Hy om tot 'n vrou en bring haar na die mens toe.

23Toe sê die mens:

“Hierdie keer is dit een uit myself, een soos ek.

Daarom sal sy ‘vrou’ genoem word;

sy is uit die man geneem.”

24Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle sal een word.

GENESIS 2:18-24AFR83Maak oop in die Bybelleser

67Isak het vir Rebekka in die tent van Sara, sy ma, laat woon en met Rebekka getrou. Sy was sy vrou en hy het haar liefgehad. So is Isak vertroos ná sy ma se dood.

GENESIS 24:67AFR83Maak oop in die Bybelleser

20Jakob het toe sewe jaar gewerk vir Ragel, en dit was vir hom soos 'n paar dae, want hy het haar liefgehad.

GENESIS 29:20AFR83Maak oop in die Bybelleser
Hy:

2“Soos 'n lelie tussen dorings,

so is my liefling tussen die meisies.”

HOOGLIED 2:2AFR83Maak oop in die Bybelleser
Hy:

15“Jy is mooi, my liefling,

jy is mooi, jou oë is duiwe.”

HOOGLIED 1:15AFR83Maak oop in die Bybelleser
Hy:

1“Jou voete is so mooi in jou skoene, edel dogter,

die rondings van jou heupe is soos juwele

wat deur kunstenaarshande gemaak is.

2Jou naeltjie is 'n ronde kom

waarin die kruiewyn nie ontbreek nie.

Jou maag is 'n hoop koring

met lelies omring.

3Jou twee borste is soos takboklammers,

soos die tweeling van 'n ribbok.

4Jou nek is soos 'n toring van ivoor,

jou oë soos die damme by Gesbon,

by die poort van dié groot stad.

Jou neus is soos die toring op Libanon

wat na Damaskus toe kyk.

5Jou kop is soos die Karmel,

jou hare soos rooi wol,

jou haarlokke bekoor die koning.

HOOGLIED 7:1-5AFR83Maak oop in die Bybelleser

6“Jy is so mooi, so bekoorlik, liefste,

met soveel wat geniet kan word.

7Jou slanke gestalte is soos 'n palmboom,

jou borste soos druiwetrosse.

8Ek dink ek gaan teen die palmboom opklim

en sy trosse blomme gryp.

Laat jou borste vir my

soos trosse druiwe wees,

die reuk van jou neus soos dié van appels,

HOOGLIED 7:6-8AFR83Maak oop in die Bybelleser

2maar weens die gevare van onsedelikheid behoort elke man sy eie vrou te hê en elke vrou haar eie man. 3Die man moet sy huweliksplig teenoor sy vrou nakom, en net so ook die vrou teenoor haar man. 4Die vrou beskik nie oor haar eie liggaam nie, maar die man; net so beskik die man ook nie oor sy eie liggaam nie, maar die vrou. 5Moenie vir mekaar omgang weier nie, behalwe met wedersydse toestemming en net vir 'n bepaalde tyd om julle aan die gebed te wy. Daarna moet julle weer saamkom, sodat die Satan julle nie miskien weens julle gebrek aan selfbeheersing verlei nie.

1 KORINTIËRS 7:2-5AFR83Maak oop in die Bybelleser

25Mans, julle moet julle vrouens liefhê soos Christus die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgelê het.

EFESIËRS 5:25AFR83Maak oop in die Bybelleser

28Die mans behoort hulle vrouens so lief te hê soos hulle eie liggame. Wie sy vrou liefhet, het homself lief, 29want niemand het nog ooit sy eie liggaam gehaat nie. Inteendeel, hy voed en versorg dit, soos Christus met sy kerk doen 30omdat dit sy liggaam is, waarvan ons lede is.

31Daar staan in die Skrif: “Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle twee sal een wees.” 32Hierin lê daar 'n diep geheimenis opgesluit, en ek pas dit toe op Christus en die kerk. 33Maar dit is ook op julle van toepassing. Elkeen moet sy vrou so lief hê soos hy homself liefhet, en 'n vrou moet aan haar man eerbied betoon.

EFESIËRS 5:28-33AFR83Maak oop in die Bybelleser

21Toe Elkana en sy hele gesin gaan om die jaarlikse offer aan die Here te bring en sy gelofte te betaal, 22het Hanna nie saamgegaan nie, want sy het vir haar man gesê: “Wanneer die seun gespeen is, sal ek hom wegbring dat hy voor die Here verskyn en altyd daar bly.”

1 SAMUEL 1:21-22AFR83Maak oop in die Bybelleser

4“Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. 5Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag.

6“Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. 7Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan. 8Jy moet dit as herinneringsteken vasbind aan jou hande, en dit moet 'n merk op jou voorkop wees. 9Skryf dit op jou deurkosyne en op jou stadspoorte.

DEUTERONOMIUM 6:4-9AFR83Maak oop in die Bybelleser

4Sy seuns het om die beurt partytjies gehou in mekaar se huise. By sulke geleenthede het hulle dan hulle drie susters genooi om saam met hulle fees te vier. 5Ná so 'n reeks partytjies het Job dan sy seuns en dogters beveel om hulle vir die bring van offers te reinig, en vroeg die môre het hy vir hulle almal 'n brandoffer gebring, “want,” het Job gesê: “miskien het my kinders gesondig en God in hulle gedagtes gevloek.”

Job het dit elke keer gedoen.

19Net hulle wat nog lewe, kan U loof,

so doen ek dit vandag.

Vaders sal hulle kinders van u trou vertel.

JESAJA 38:19AFR83Maak oop in die Bybelleser

4En vaders, moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie, maar maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil.

EFESIËRS 6:4AFR83Maak oop in die Bybelleser

8My seun, jy moet luister na die onderrig

wat jou vader jou gee;

moenie wat jou moeder jou leer,

verontagsaam nie:

9dit sal jou lewe versier soos 'n krans jou kop

en 'n kettinkie jou hals.

SPREUKE 1:8-9AFR83Maak oop in die Bybelleser

21Vaders, moenie gedurig by julle kinders fout soek dat hulle moedeloos word nie.

KOLOSSENSE 3:21AFR83Maak oop in die Bybelleser

30Terwyl hulle nog op pad terug was, het die volgende gerug Dawid bereik: “Absalom het al die koningseuns doodgemaak. Daar het nie 'n enkele oorgebly nie.”

31Die koning het van sy troon afgeklim, sy klere geskeur en op die grond gaan lê. Al sy onderdane het ook hulle klere geskeur en by hom kom staan.

32Maar Jonadab seun van Dawid se broer Samma het gesê: “U moet tog nie dink hulle het al die jongmanne, die koning se seuns, doodgemaak nie. Net Amnon is dood. Waarlik, daar was moord in Absalom se oë vandat Amnon sy suster Tamar onteer het.

33“Die koning moet nou nie die gerug dat al sy seuns dood is, ernstig opneem nie: net Amnon is dood.”

34Absalom het weggevlug.

Terwyl 'n paleiswag uitkyk, sien hy meteens 'n groot klomp mense uit die rigting van die bergskuiling aankom.

2 SAMUEL 13:30-34AFR83Maak oop in die Bybelleser

Joab se plan om vir Absalom te laat terugkom, slaag

1Joab seun van Seruja het agtergekom dat die koning na Absalom verlang.

2 SAMUEL 14:1AFR83Maak oop in die Bybelleser

5Die koning het vir Joab, Abisai en Ittai beveel: “Werk om my ontwil tog saggies met my kind Absalom.”

Al die manskappe het die bevel oor Absalom gehoor toe die koning dit aan die offisiere gegee het.

2 SAMUEL 18:5AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die goddeloosheid van Eli se seuns

22Eli was al baie oud. En wanneer hy alles hoor wat sy seuns aan al die Israeliete doen en dat hulle by die vrouens slaap wat diens doen by die ingang van die tent van ontmoeting, 23sê hy vir hulle: “Waarom doen julle sulke dinge dat ek aanhoudend by die hele volk moet hoor van julle slegte dade? 24Ag nee, my seuns, die gerugte wat ek verneem, is nie goed nie. Julle verlei die volk van die Here. 25Wanneer een mens teen 'n ander mens verkeerd optree, sal die regters die saak uitmaak, maar as 'n mens teen die Here sondig, wie sal dan die saak uitmaak?”

Hulle het egter nie na hulle pa se vermaning geluister nie, want die Here het besluit om hulle dood te maak.

1 SAMUEL 2:22-25AFR83Maak oop in die Bybelleser

8Daar het Moses vir sy skoonpa alles vertel wat die Here aan die farao en aan Egipte gedoen het ter wille van Israel, en ook van al die ontberings wat die Israeliete op pad gehad het en hoe die Here hulle bevry het. 9Jetro was bly om te hoor van al die goeie dinge wat die Here vir Israel gedoen het toe Hy hulle uit Egipte se mag bevry het.

EKSODUS 18:8-10AFR83Maak oop in die Bybelleser

19Luister nou na my raad en mag God jou bystaan! Jy moet die volk se verteenwoordiger by God wees en alle sake voor Hom bring.

EKSODUS 18:19AFR83Maak oop in die Bybelleser

Moses gaan terug na Egipte toe

18Daarna het Moses na sy skoonpa Jetro toe teruggegaan en vir hom gesê: “Ek wil graag teruggaan na my mense toe in Egipte om te sien hoe dit met hulle gaan.”

Jetro antwoord hom: “Gaan gerus.”

EKSODUS 4:18AFR83Maak oop in die Bybelleser

5Jetro, Moses se skoonpa, het met Moses se seuns en sy vrou na hom toe gegaan waar hy in die woestyn by die berg van God kamp opgeslaan het. 6Jetro het toe vir Moses laat weet: “Ek is jou skoonpa Jetro. Ek kom na jou toe met jou vrou en jou twee seuns.”

7Moses het toe sy skoonpa gaan ontmoet en voor hom gebuig en hom met 'n soen gegroet. Nadat hulle vir mekaar gevra het hoe dit gaan, het hulle in Moses se tent ingegaan. 8Daar het Moses vir sy skoonpa alles vertel wat die Here aan die farao en aan Egipte gedoen het ter wille van Israel, en ook van al die ontberings wat die Israeliete op pad gehad het en hoe die Here hulle bevry het. 9Jetro was bly om te hoor van al die goeie dinge wat die Here vir Israel gedoen het toe Hy hulle uit Egipte se mag bevry het.

10-11Toe het Jetro gesê: “Aan die Here kom die lof toe! Dit is Hy wat julle bevry het uit die mag van Egipte en die farao. Nou besef ek dat die Here groter is as enige ander god, want toe die Egiptenaars vermetel teen die volk van die Here opgetree het, het Hy hulle uit Egipte se mag bevry.”

EKSODUS 18:5-11AFR83Maak oop in die Bybelleser

17Op 'n vriend se liefde kan jy altyd reken;

jou broer is daar met die oog op jou nood.

SPREUKE 17:17AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die Here: Job sal vir julle bid

7Nadat Hy met Job gepraat het, het die Here vir Elifas die Temaniet gesê: “Ek is kwaad vir jou en jou twee vriende, want julle het nie die waarheid oor My gepraat soos my dienaar Job nie. 8Vat sewe bulle en sewe ramme en gaan na my dienaar Job toe en offer dit as 'n brandoffer vir julleself. My dienaar Job sal vir julle bid, en Ek sal sy gebed verhoor en julle nie straf vir julle dwaasheid nie. Julle het nie die waarheid oor My gepraat soos my dienaar Job nie.”

Job het 'n vol lewe gehad

9Elifas die Temaniet, Bildad die Suagiet en Sofar die Naämatiet het gedoen wat die Here gesê het, en die Here het Job se gebed verhoor. 10Nadat Job vir sy vriende gebid het, het die Here die omstandighede van Job verander en hom twee keer soveel gegee as wat hy gehad het.

17Yster slyp yster,

vriende vorm mekaar.

SPREUKE 27:17AFR83Maak oop in die Bybelleser

33Wie kan die uitverkorenes van God aankla? God self spreek hulle vry. 34Wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons.

35Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard?

ROMEINE 8:33-35AFR83Maak oop in die Bybelleser

38Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte 39of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.

ROMEINE 8:38-39AFR83Maak oop in die Bybelleser

Hy is ’n man vir sy vrou

  • Hy en sy vrou is gelyke vennote
  • Hy is baie lief vir haar
  • Sy is vir hom die mooiste vrou
  • Hy bewonder en komplimenteer haar
  • Hy geniet intimiteit met sy vrou
  • Hy en sy vrou vervul mekaar se seksuele behoeftes
  • Hy is getrou aan haar

Hy is ’n pa vir sy kinders

  • Hy en sy gesin dien die Here
  • Hy praat elke dag met sy kinders oor die Here
  • Hy begeer dat sy kinders aan God getrou sal bly
  • Hy leer sy kinders om op God te vertrou
  • Hy hanteer sy kinders met wysheid
  • Hy leer sy kinders om gehoorsaam te wees
  • Hy aanvaar sy kinders vir wie hulle is
  • Al doen sy kinders verkeerd en maak dit diep seer, bly hy lief vir hulle
  • Soms faal hy in die opvoeding van sy kinders

Hy is ’n skoonpa

Hy is ’n skoonseun

Hy is ’n getroue vriend

Hy is geskei

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS