Bible Society of South Africa

Ek is hy – Dag 1

Hy Staan in Verhouding met God

Die heel belangrikste dimensie van ware manwees is om in verhouding met God te staan. Hy is nie bang om te bely dat hy sy Skepper nodig het nie. As man van God het hy Hom baie lief en staan Hy altyd sentraal in sy lewe.

En jy ontdek: Ek is hy!

Bybelteks(te)

Jesus en Saggeus

1Jesus het in Jerigo gekom en was op pad deur die stad. 2Daar was 'n man met die naam Saggeus, die hooftollenaar, 'n ryk man. 3Hy het geprobeer om Jesus te sien, maar weens die skare kon hy nie, omdat hy te kort was. 4Hy hardloop toe vooruit en klim in 'n wildevyeboom om Jesus te kan sien, want Hy sou daar verbygaan. 5Toe Jesus by die plek kom, kyk Hy op en sê vir hom: “Saggeus, kom gou af, want Ek moet vandag in jou huis tuis gaan.”

6Hy het toe gou afgeklim en Jesus met blydskap ontvang.

7Almal wat dit gesien het, het beswaar gemaak en gesê: “Hy gaan by 'n sondige man tuis!”

8Maar Saggeus het opgestaan en vir die Here gesê: “Here, ek gaan die helfte van my goed vir die armes gee, en waar ek iets van iemand afgepers het, gee ek dit vierdubbel terug.”

9Daarop sê Jesus: “Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom; ook hierdie man is 'n kind van Abraham. 10Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is.”

LUKAS 19:1-10AFR83Maak oop in die Bybelleser

97Hoe lief het ek u wet!

Dit bly my elke oomblik by.

98U gebooie gee my meer insig as wat my vyande het,

en is altyd by my.

99Ek munt uit bo al my leermeesters,

want u verordeninge bly my by.

100Ek het meer insig as ouer mense,

want ek gehoorsaam u bevele.

101Ek het my voete van elke verkeerde pad af gehou

sodat ek gehoorsaam kan wees aan u woord.

102Van u bepalings het ek nie afgewyk nie,

want U het my dit geleer.

103Hoe aangenaam is u woord,

soeter as heuning in die mond.

104U bevele gee my insig,

daarom haat ek elke verkeerde pad.

105U woord is die lamp wat my die weg wys,

die lig op my pad.

106Ek het 'n eed afgelê, en daarby sal ek bly,

om my aan u bepalings te hou;

hulle is regverdig.

107Ek ly swaar, Here,

hou my in die lewe, soos U beloof het.

108Neem tog my dank aan, Here.

Leer my u bepalings.

109My lewe is gedurig in gevaar,

maar u wet verontagsaam ek nie.

110Die goddeloses stel vir my 'n strik,

maar van u bevele wyk ek nie af nie.

111U verordeninge maak ek altyd my eie,

want hulle is vir my 'n vreugde.

112Ek lê my daarop toe om u voorskrifte altyd uit te voer,

tot die einde toe.

113Ek haat huigelary,

maar u wet het ek lief.

PSALMS 119:97-113AFR83Maak oop in die Bybelleser

10Koning Darius het toe so 'n dekreet uitgevaardig.

11Toe Daniël hoor dat die dekreet uitgevaardig is, het hy na sy huis toe gegaan. Sy dakkamer se venster het na Jerusalem se kant toe gekyk en soos sy gewoonte altyd was, het Daniël voortgegaan om drie maal per dag voor sy God te kniel en Hom te prys, te aanbid en te dank.

12Daniël se vyande het in sy huis ingestorm en hom daar gekry waar hy sy God aanbid en Hom om genade smeek.

DANIËL 6:10-12AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die geboorte van Jesus Christus

18Hier volg nou die geskiedenis van die geboorte van Jesus Christus.

Toe sy moeder Maria nog aan Josef verloof was, het dit geblyk dat sy swanger is sonder dat hulle gemeenskap gehad het. Die swangerskap het van die Heilige Gees gekom. 19Haar verloofde, Josef, wat aan die wet van Moses getrou was maar haar tog nie in die openbaar tot skande wou maak nie, het hom voorgeneem om die verlowing stilweg te verbreek. 20Terwyl hy dit in gedagte gehad het, het daar 'n engel van die Here in 'n droom aan hom verskyn en gesê: “Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees. 21Sy sal 'n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.”

MATTEUS 1:18-21AFR83Maak oop in die Bybelleser

24Toe Josef uit die slaap wakker word, het hy gemaak soos die engel van die Here hom beveel het en met haar getrou. 25Hy het egter nie met haar omgang gehad voordat sy haar Seun in die wêreld gebring het nie. En Josef het Hom Jesus genoem.

MATTEUS 1:24-25AFR83Maak oop in die Bybelleser

24Hy het naby God geleef en toe was hy nie meer daar nie, want God het hom na Hom toe weggeneem.

GENESIS 5:24AFR83Maak oop in die Bybelleser

5Omdat Henog geglo het, is hy weggeneem sonder dat hy gesterf het, en hy was nêrens te vind nie, omdat God hom weggeneem het. Van hom word getuig dat hy, voordat hy weggeneem is, geleef het soos God dit wou.

HEBREËRS 11:5AFR83Maak oop in die Bybelleser

12Die Engel van die Here het aan hom verskyn en vir hom gesê: “Die Here is by jou, dapper man!”

13Maar Gideon het vir die Engel gesê: “Ekskuus, Meneer, maar as die Here by ons is, waarom kom al hierdie dinge oor ons? Waar is al sy magtige dade waarvan ons voorvaders ons vertel het toe hulle gesê het: ‘Het die Here ons nie uit Egipte bevry nie?’ Nou het die Here ons in die steek gelaat: Hy het ons oorgegee in die mag van die Midianiete.”

RIGTERS 6:12-13AFR83Maak oop in die Bybelleser

17Al sou die vyeboom nie bot nie

en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie,

al sou die olyfoes misluk

en die lande geen oes lewer nie,

al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie

en die beeskrale sonder beeste wees,

18nogtans sal ek in die Here jubel,

sal ek juig in God, my Redder.

19Die Here my God gee vir my krag.

Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok,

op hoë plekke laat Hy my veilig loop.

Vir die koorleier. Met snarespel.

HABAKUK 3:17-19AFR83Maak oop in die Bybelleser

24Tomas, wat ook Didimus genoem is, een van die twaalf, was nie by die dissipels toe Jesus gekom het nie. 25Die ander dissipels sê toe vir hom: “Ons het die Here gesien!”

Maar hy sê vir hulle: “As ek nie die merke van die spykers in sy hande sien en my vinger in die merke van die spykers steek en my hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie.”

Jesus en Tomas

26Ag dae later was Jesus se dissipels weer bymekaar, en Tomas was by hulle. Hoewel die deure gesluit was, het Jesus gekom en tussen hulle gaan staan en gesê: “Vrede vir julle!”

27Daarna sê Hy vir Tomas: “Bring jou vinger hier en kyk na my hande; en bring jou hand en steek hom in my sy; en moenie langer ongelowig wees nie, maar wees gelowig.”

28En Tomas sê vir Hom: “My Here en my God!”

29Toe sê Jesus vir hom: “Glo jy nou omdat jy My sien? Gelukkig is dié wat nie gesien het nie en tog glo.”

JOHANNES 20:24-29AFR83Maak oop in die Bybelleser

Petrus verloën Jesus

69Petrus het buite in die binnehof gesit toe 'n diensmeisie na hom toe kom en sê: “Jy was ook saam met Jesus die Galileër.”

70Maar hy het dit voor almal ontken: “Ek weet nie waarvan jy praat nie.”

71Hy gaan toe na die uitgang van die binnehof. Daar sien 'n ander diensmeisie hom en sê vir dié wat daar staan: “Hierdie man was saam met Jesus van Nasaret.”

72Weer het Petrus dit ontken en met 'n eed gesê: “Ek ken die man nie!”

73'n Rukkie later kom die manne wat daar staan, na Petrus toe en sê: “Dit is waar, jy is ook een van hulle. 'n Mens kan dit aan jou spraak hoor.”

74Toe begin hy vloek, en hy sweer: “Ek ken die man nie!”

75En op daardie oomblik het daar 'n haan gekraai. Toe val dit Petrus by wat Jesus gesê het: “Voordat die haan kraai, sal jy My drie maal verloën.” En hy het buitentoe gegaan en bitterlik gehuil.

MATTEUS 26:69-75AFR83Maak oop in die Bybelleser

Dawid pleeg owerspel en moord

1In die lente, die tyd waarin die konings gewoonlik optrek om oorlog te maak, het Dawid op 'n keer vir Joab en sy soldate en die hele Israel uitgestuur. Hulle het die Ammoniete verslaan en Rabba beleër, maar Dawid het in Jerusalem agtergebly.

2Eendag het hy na sy middagslapie opgestaan en op die dak van die paleis gaan rondstap. Van die dak af het hy 'n vrou sien bad. Sy was 'n baie mooi vrou. 3Dawid het oor haar laat navraag doen, en iemand het gesê: “Dit is Batseba dogter van Eliam, die vrou van Urija die Hetiet.”

4Dawid het toe amptenare gestuur en haar laat haal. Dit was nadat sy haar reinigingsbad geneem het na haar maandstonde. Sy het na hom toe gekom, en hy het by haar geslaap. Daarna is sy terug huis toe.

5Die vrou het swanger geword en vir Dawid laat weet: “Ek is swanger.”

2 SAMUEL 11:1-5AFR83Maak oop in die Bybelleser

Neem tog my sonde weg!

1Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid, na aanleiding daarvan 2dat die profeet Natan na hom toe gekom het oor sy owerspel met Batseba.

3Wees my genadig, o God, in u troue liefde,

wis my oortredings uit in u groot barmhartigheid!

4Was my skoon van my skuld,

reinig my van my sonde!

5Ja, my oortredings ken ek

en van my sonde bly ek altyd bewus.

6Teen U alleen het ek gesondig,

ek het gedoen wat verkeerd is in u oë.

U uitspraak is dus reg

en u oordeel regverdig.

7Ek was al skuldig toe ek gebore is,

met sonde belaai toe my moeder swanger geword het.

8Maar U verwag opregtheid diep in 'n mens se hart:

laat ek dan diep in my binneste weet

hoe U wil dat ek moet lewe.

9Neem tog my sonde weg dat ek rein kan wees,

was my dat ek witter as sneeu kan wees.

10Laat my weer blydskap en vreugde belewe.

U het my verbrysel; laat my weer jubel.

11Moet tog nie ag slaan op my sondes nie,

wis al my skuld uit!

12Skep vir my 'n rein hart, o God,

vernuwe my gees en maak my standvastig.

13Moet my tog nie van U af wegdryf

en u Heilige Gees van my af wegneem nie!

14Laat my weer die blydskap ervaar

van iemand wat deur U verlos is,

laat my U weer met toewyding dien.

15Dan sal ek oortreders leer wat U van 'n mens verwag;

dat die sondaars hulle tot U sal bekeer.

16Red my van ondergang, o God, my Redder,

dat ek kan jubel oor u verlossingsdaad.

17Here, gee my die woorde

om u lof te verkondig.

18'n Offer vra U nie,

anders sou ek dit bring;

'n brandoffer wil U nie hê nie.

19Die offer wat U wil hê, o God, is verootmoediging:

U sal 'n hart vol ootmoed en berou nie gering ag nie, o God.

PSALMS 51:1-19AFR83Maak oop in die Bybelleser

  • Sy lewe verander radikaal ná ’n ontmoeting met Jesus
  • Hy delf in die Woord
  • Hy bid met oorgawe
  • Hy onderwerp hom aan God se wil vir sy lewe
  • Hy wy sy lewe aan die Here
  • Tog verstaan hy nie altyd God se handelinge nie
  • Ten spyte van teëspoed soek hy steeds by God sy krag
  • Soms twyfel hy
  • Soms is hy skaam om te sê dat hy Jesus ken
  • Soms struikel hy
  • Hy kom na die Here toe en ontvang vergifnis

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS