Bible Society of South Africa
Xanthe Hancox

Diensbaarheid, nederigheid en die vrug van die Gees – Dag 1

Bybelse diensbaarheid

Bybelteks(te)

JOHANNES 12

26As iemand My wil dien, moet hy My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees. As iemand My dien, sal die Vader hom eer.

JOHANNES 12:26AFR83Maak oop in die Bybelleser

MARKUS 10

45Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense.”

MARKUS 10:45AFR83Maak oop in die Bybelleser

FILIPPENSE 2

4Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.

FILIPPENSE 2:4AFR83Maak oop in die Bybelleser

“Servant leadership” (diensbare leierskap) is ʼn gonswoord en konsep wat reeds vir dekades bekend is. Dit is ʼn leierskapfilosofie en ʼn stel gebruike wat die behoeftes van ander eerste stel en mense help om te ontwikkel om hulle take na die beste van hulle vermoë te verrig. Maar lank voor organisasies en sielkundiges met die konsep van diensbare leierskap vorendag gekom het, het die Bybel reeds baie te sê gehad oor diensbaarheid.

Onselfsugtige diensbaarheid is ʼn kwaliteit wat die karakter en lewe van Jesus Christus, die grootste Dienskneg van almal, beskryf. Jesus het gesê: “Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense.” (Markus 10:45) Die apostel Paulus het verder hierop uitgebrei: “Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.” (Filippense 2:4) Wanneer ons aan Jesus sy regmatige plek as Here van ons lewens gee, kry sy heerskappy gestalte deur die manier waarop ons ander dien. Ons bewys ons liefde vir die Here op die manier wat ons liefde aan ander betoon. As gelowiges is ons almal geroep tot ʼn bediening. Dit beteken nie noodwendig dat ons almal geroep is om predikante, pastore of geestelike werkers te word nie, maar dit beteken wel dat ons almal geroep is om te dien en daardeur vir God te verheerlik.

ʼn Generaal het op ʼn keer gesê: “ʼn Rang word aan jou gegee om jou in staat te stel om diegene bo jou en onder jou beter te kan dien. Dit word nie aan jou gegee om al jou eie eienaardighede op ander af te dwing nie.” God het ons gedien deur Christus aan die kruis vir ons sondes te offer, en ons behoort ander te dien deur die evangelie aan hulle te bring en ons lewens aan ander toe te wy. Gedurende die volgende aantal dae gaan ons sekere aspekte van diensbaarheid in die Bybel bespreek, en ook hoe ons ʼn diensbare hart kan ontwikkel.

Bible Society of South Africav.4.23.0
VOLG ONS