Bible Society of South Africa

Skaapkraal

Wanneer dit aand geword het, het die herder sy kudde na die skaapkraal gebring. Daar is die skape en bokke teen wilde diere, die koue en rowers beskerm.

Dubbele omheining

Skaapkrale is gewoonlik in ʼn vallei of aan die sonkant van ʼn heuwel gebou waar daar skuiling teen die koue wind was. Die skaapkraal het uit ʼn lae gebou met openinge in die vorm van gewels bestaan. ʼn Klipheining is rondom gebou. Wanneer die weer weer gematig was, kon die skape in die omheinde deel bly, maar wanneer die weer guur was, het die herder die skape by die gebou ingelaat.

Sonder ʼn deur

Die kamp is uit klippe, wat losweg bo-op mekaar gestapel is, gebou. Aan die buitekant van die muur is groot klippe gebruik, met kleiner klippe aan die binnekant. Aan die onderkant was die muur omtrent ʼn meter dik, maar dit het smaller geword na die bokant. Bo-op die muur was daar doringtakke om indringers weg te hou. 


Daar was geen deur by die ingang na die kamp nie. Snags het die herder voor die ingang gelê om dit te blokkeer. In Johannes 10:7-9 sê Jesus dat Hy die deur van die skaapkraal is waardeur die skape in- en uitgaan.

Tydelike skaapkraal

Wanneer ʼn herder net vir ʼn kort tydjie in ʼn spesifieke gebied, ver van die huis af of in bergagtige gebiede gebly het, het hy soms ʼn tydelike skaapkraal gebou. Hiervoor het hy ʼn omheining met doringboomtakke gevleg, of ʼn raamwerk van dik takke gemaak.  

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS