Herder se toerusting
ʼn Herder was dikwels vir ʼn lang tyd buite in die veld met sy kudde, ver weg van bewoonde gebiede. Dit was daarom belangrik om goed toegerus te wees.
Kleredrag
Herders het ʼn lang onderkleed met ʼn gordel om die middel gedra. Daar bo-oor is ʼn dik mantel, soms van kameelhaar geweef, gedra. Dit was veral snags nodig, omdat dit buite in die veld baie koud kon word. ʼn Gewone serp wat met ʼn tou of band om die kop vasgebind is, het hulle gesigte bedags teen die helder son beskerm.
Herder se staf
ʼn Herder se staf het bestaan uit ʼn lang, reguit stok met ʼn gekromde punt. Die staf het hoofsaaklik gedien as ʼn “wandelstaf” vir die herder om sy togte deur die heuwelagtige of ruwe landskap te vergemaklik. Daarbenewens het die herder sy staf gebruik om die skape vorentoe te dryf en om hulle bymekaar te hou (Miga 7:14
Wapens
Om sy kudde teen wilde diere, soos hiënas en jakkalse te beskerm, het die herder ʼn herderstok saamgedra. Dit was ʼn swaar knuppel
Nog ʼn deel van die herder se arsenaal was ʼn slingervel
Persoonlike besittings
Die herder se sak was ʼn sakkie van leer of materiaal, waarin die herder sy persoonlike besittings en proviand gehou het. Die sak is oor die skouer gedra of aan die gordel om sy middel vasgemaak. Toe Dawid teen Goliat geveg het, was sy herdersakkie (1983-vertaling: “slingersak”) vol klippies vir sy slingervel (1 Samuel 17:40
Die herder het altyd ʼn horing vol olyfolie
Verwante Bybelgedeeltes
MIGA 7.14 LEVITIKUS 27.31 - LEVITIKUS 27.33 ESEGIËL 20.37 1 SAMUEL 17.40 RIGTERS 5.16Lees verder?
Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy: