Bible Society of South Africa

Verbondsark

Die verbondsark is ʼn besondere heilige voorwerp in die Bybel. Die ark is ʼn heilige kis wat ʼn gewyde plek in die tabernakel en die tempel in Jerusalem gehad het.

Die term “ark”

Die Hebreeuse woord vir “ark” is aron. Hierdie woord beteken “kis” en is hoofsaaklik gebruik vir die verbondsark maar ook vir ʼn geldkis in die tempel (sien 2 Konings 12:10) en vir Josef se sarkofaag (Genesis 50:25-26). Vir Noag se ark word ʼn ander woord in Hebreeus gebruik. Die woord “ark” word selde alleenstaande in die Bybel gebruik. Dit word omtrent uitsluitlik gebruik in kombinasie met “God” of “Here”, maar ook dikwels met “verbond”. In sommige tekste word die woord “ark” ook gesien as die “voetbank” (1 Kronieke 28:2, 1933/1953-vertaling) of die “rusplek vir die voete” van God (1 Kronieke 28:2, 1983-vertaling) wat oor die gerubs “troon” (1 Samuel 4:4).

Beskrywing van die ark

Daar is ʼn omvattende beskrywing van die ark in Eksodus 25:10-22. Dit is ʼn kis uit doringhout en met goud oorgetrek, beide aan die binne- en die buitekant. In die ark is twee plat klippe wat die tien gebooie bevat as ʼn verwysing na God se verbond met Israel.

Gebruik van die ark

In die Bybel word verskillende geleenthede genoem waarby die ark ʼn belangrike rol speel, soos by offers, tydens oorlog en in die tempel. Die ark word gesien as ʼn herinnering dat God by sy volk woon en hulle beskerm.

Verdwyning van die ark

Die ark het ʼn belangrike rol gespeel van Eksodus tot 2 Kronieke, maar daarna word dit nie weer vermeld nie. Hoe en wanneer die ark verdwyn het, is onseker. Die Bybel sê nie hoe en wanneer dit gebeur het nie. Daar is vier gebeurlikhede wat ʼn rol kon gespeel het:

Ark: Rol

In die Bybel speel die verbondsark ʼn belangrike godsdienstige rol.

Teenwoordigheid van God

Die ark is ʼn heilige simbool van God se teenwoordigheid. Die ark word gesien as die “voetbank” (1 Kronieke 28:2, 1933/1953-vertaling) of die “rusplek vir die voete” van God (1 Kronieke 28:2, 1983-vertaling}) wat oor die gerubs “troon” (1 Samuel 4:4). Die ark is op dieselfde tyd as die tabernakel gemaak. Dit is in die Allerheiligste van die tabernakel geplaas. Uiteindelik is die ark ʼn plek in die tempel in Jerusalem gegee. Toe Salomo die tempel gebou het, het die priesters die ark in die agterste deel, die Allerheiligste, geplaas. Die beskrywing kan in 1 Konings 8:6-9 gevind word.

Reiniging

Op die Groot Versoendag moet die priester, volgens Levitikus 16:11-15, die bloed van die offerdier op die versoendeksel, die deksel van die ark, sprinkel (sien reinigingsoffers). Deur hierdie bloed doen hy versoening vir sy eie sondes, vir dié van sy familie en van die volk.

Stryd teen vyande

Die verbondsark speel ook ʼn rol in die verhale oor die inname van Kanaän en die stryd teen die Filistyne:

  • by die oorsteek van die Jordaanrivier (Josua 3 – 4) en die verwoesting van Jerigo (Josua 6); 
  • by ʼn oorlog teen die Filistyne (1 Samuel 4:3-8) — die ark is saamgebring na die veldslag as ʼn sigbare teken dat God die Israeliete sou beskerm en help.

Ark: Voorkoms

In die Bybel word die verbondsark op twee maniere beskryf: as ʼn baie spesiale en pragtige kis, of as net ʼn gewone kis.

Eksodus

In die Ou Testament word opdragte in Eksodus 25:10-22 gegee vir die bou van die ark. Die ark is ʼn kis wat van doringhout gemaak is. Dit is ongeveer 110 sentimeter lank, ongeveer 66 sentimeter breed en ongeveer 66 sentimeter hoog. Die kis is verguld aan die buite- en die binnekant en dit is ook versier met ʼn omlysting van goud. Bo-op die ark is twee gerubs wat na mekaar toe kyk. Hulle sprei hulle vlerke om as’t ware die deksel te beskerm. Die ark word gedra deur twee lang pale wat met goud beslaan is en wat deur die ringe aan die onderkant van die kis pas. Op dié manier kon die kis verskuif word sonder dat iemand daaraan raak. Dit was verbode om aan die ark te raak omdat dit heilig was.

Deuteronomium

In Deuteronomium 10:3 word slegs gesê dat Moses ʼn kis van doringhout gemaak het. Daar word geen melding gemaak van goue versierings nie.

Inhoud van die ark

Volgens Eksodus 25:16 en Deuteronomium 10:2 moet twee plat klippe, waarop die tien gebooie geskryf staan, in die ark gehou word. Ander spesiale items moet ook in die ark gehou word:

Volgens Hebreërs 9:4 is Aäron se kierie en die kruik met manna binne-in die kis gehou, eerder as langsaan.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS