Bible Society of South Africa

Kasuïstiese wette

Kasuïsties-geformuleerde wette stel ʼn algemene situasie voor, wat ingelei word met die woord “wanneer” (Hebreeus: ki). Verskeie spesifieke gevalle word hieronder gerangskik met behulp van die woord “as” (Hebreeus: im), gevolg deur die oordeel of uitspraak. Die boek Levitikus begin byvoorbeeld op dié manier. In Levitikus 1:2 lees ons:
“Wanneer een van julle vir die Here ʼn offer wil aanbied, kan hy dit aanbied uit sy beeste of uit sy kleinvee.”
Dit word gevolg deur die besondere gevalle:

  • “As (im) dit ʼn brandoffer uit die beeste is ...”, sien Levitikus 1:3-9.
  • “As (im) dit ʼn offer uit die kleinvee is, ʼn brandoffer uit die skape of bokke ...”, sien Levitikus 1:10-13.
  • “As (im) dit ʼn brandoffer van voëls is wat iemand vir die Here wil offer …”, sien Levitikus 1:14-17.

Hierdie spesifieke kasuïstiese formulering is nie altyd so duidelik in vertalings nie.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS