Verbond
ʼn Verbond is ʼn ooreenkoms tussen twee partye wat mekaar onder eed belowe om sekere ooreenkomste na te kom. Soms is die beloftes wedersyds, maar dikwels word die belofte slegs deur een party aan die ander gemaak.
In die Bybel is die verbond die belangrikste metafoor wat gebruik word om die verhouding tussen God en sy volk uit te beeld. Dit is ook duidelik uit die name van die twee dele van die Christelike Bybel: “Ou Testament” en “Nuwe Testament”, waarin “testament” ʼn ander woord vir “verbond” is.
Betekenis van verbondsluiting
Verbonde is gesluit sedert die begin van die geskiedenis. Deur verbonde en verdrae is verhoudings tussen groepe tot stand gebring en gereguleer. ʼn Verbond kon tussen nasies gesluit word, maar ook tussen individue. ʼn Bekende voorbeeld van laasgenoemde is die ooreenkomste rakende die huwelik
Die proses van verbondsluiting
Die proses van verbondsluiting het gewoonlik die volgende elemente ingesluit:
- ʼn Historiese gebeurtenis het plaasgevind wat aanleiding gegee het tot ʼn verhouding wat tussen twee partye aangegaan is.
- Die twee partye het sekere opvattings, gewoonlik godsdienstig, in gemeen, (soos gode byvoorbeeld).
- Reëls vir toekomstige optrede word geformuleer, óf deur beide partye, óf deur die dominante party.
- Die ooreenkoms word in ʼn skriftelike of mondelinge vorm vasgelê.
- ʼn Ritueel vind plaas wat die belofte bekragtig.
Verband met godsdiens en die wet
In antieke tye was die sluiting van ʼn verbond ten nouste aan godsdiens gekoppel. Indien die verbond verbreek is, is die gode ingeroep om ʼn straf op te lê. Verbondsluitings was ook nou verwant aan wetgewing: die verpligtinge wat in die verbond ingesluit is, het dikwels wette geword. Later het die verbond bloot ʼn vorm van wetgewing geword.
Lees verder?
Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy: