Bible Society of South Africa

Amos: Datering

Amos is een van die oudste profetiese boeke in die Bybel.

Tyd van Amos

In die opskrif word twee konings vermeld: Ussia en Jerobeam. Dit dateer Amos se bediening in die middel van die agtste eeu v.C. (760-750).


Jerobeam II het vir meer as 40 jaar regeer en die gebied en mag van Israel aansienlik uitgebrei (sien 2 Konings 14:23-29). Hierdie oorgangstydperk van voorspoed het tot ʼn einde gekom met die omverwerping van Israel deur die Assiriërs, wat die val van die noordelike koninkryk aangedui het. Teen die einde van die agtste eeu het Israel ʼn provinsie van Assirië geword. 

Redaksionele verwerking

Die teks in sy huidige vorm het waarskynlik uit ʼn kern van uitsprake deur die profeet Amos self ontwikkel.


Die lang proses van redaksionele verwerking moes omtrent 200 jaar geduur het. Dit is waarskynlik na die Babiloniese ballingskap deur ʼn redaktor uit Juda voltooi. Dit word deels aangedui deur die slotprofesieë van verlossing in Amos 9:11-15. Hierdie laaste verse is inderdaad die voorafskaduwing van die ballingskap. Die verwysing na die koningskap van Dawid is ʼn teken van hoop met die oog op die herstel van die onverdeelde koninkryk, maar dit pas nie in by die toon van die res van die boek nie.

Twaalf Profete

Die boek Amos is een van die 12 Klein Profete. Die 12 boeke is vermoedelik in die vierde of derde eeu v.C. byeengebring om die sogenaamde

Dodekaprofeton

(in Grieks), ook genoem die boek van die Twaalf Profete, te vorm.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS