Bible Society of South Africa

1 Konings

1 en 2 Konings vorm saam ʼn deurlopende verhaal wat ʼn vervolg op 1 en 2 Samuel is. In Bybels is die verhaal oor twee boeke versprei — waarskynlik as gevolg van die omvang van die narratief. In hierdie boeke lees ons verhale oor die konings wat ná Dawid geheers het.

Titel van die boek

Die titel verwys na die konings wat oor Israel en Juda oor ʼn tydperk van vier eeue regeer het, van die tiende tot die sesde eeu v.C.

Inhoud

1 Konings handel oor:

  • die einde van Dawid se heerskappy en die koningskap van Salomo (1 Konings 1 – 11);
  • die geskiedenis van Juda en Israel gedurende die eerste eeu na die verdeling van die ryk (1 Konings 12 – 22).

Temas

1 en 2 Konings is nie gemoeid daarmee om ʼn onpartydige weergawe van die geskiedenis te gee nie. Die verhale is geskryf om ʼn beoordeling te gee van sekere gebeure en van die onderskeie konings.


Die kriterium vir hierdie beoordeling is of ʼn koning optree in ooreenstemming met die wil van God, of daarteen. Om ander gode te dien is die belangrikste teken van ongehoorsaamheid. Dit plaas die bestaan van die volk Israel op die spel, vanuit ʼn godsdienstige sowel as ʼn politieke oogpunt. Volgens hierdie kriterium vaar die konings van die noordelike koninkryk van Israel swak, en die beoordeling van die konings van Juda is net deels gunstig.


Die geskiedenis van Juda, soos in 1 en 2 Konings beskryf, word in 2 Kronieke herformuleer.

Posisie in die Bybel

Op grond van die historiese inhoud word 1 en 2 Samuel gereken as historiese boeke, soos



In die Hebreeuse Bybel, die Tanag, word die boeke saam met die Vroeë Profete gegroepeer. In hierdie boeke word die Israeliete deurlopend herinner aan die wet van Moses en gewaarsku teen die verbreking van die gebooie.


Hierdie boeke is vanuit die perspektief van die ballingskap geskryf en bied insig op hoe die geskiedenis tot die ballingskapkrisis gelei het.


 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS