Bible Society of South Africa

Tiende (deel)

Die Israeliete moes ʼn tiende (deel) van die opbrengs van die oes of die kudde as ʼn offer aan God aanbied. Jakob was die eerste om aan God ʼn tiende deel van alles wat hy verdien het, te gee (Genesis 28:22).

Wat is met hierdie tiendes gedoen?

Die tiendes is deur die Leviete ingesamel. Hulle moes die beste deel aan die Here offer en is toegelaat om ʼn deel daarvan te hou om van te lewe.


Die plig van tiendes het ʼn soort tempelbelasting geword, wat vir die offerdiens en die onderhoud van die priesters (Deuteronomium 14:22-29) aangewend was.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS