Bible Society of South Africa

Sjammai en Hillel

Die Fariseërs moes met die Sadduseërs en Esseners wedywer, maar volgens latere rabbynse literatuur was hulle ook onderling verdeeld. In rabbynse literatuur word twee skole genoem: die Huis van Sjammai en die Huis van Hillel. Sjammai en Hillel was wetgeleerdes vanaf (net voor) die begin van ons jaartelling.

Verskille tussen Sjammai en Hillel

Die Huis van Sjammai was oor die algemeen meer konserwatief en geslote, en die Huis van Hillel meer welwillend. Die Huis van Sjammai was byvoorbeeld strenger ten opsigte van die sabbat en was minder oop vir nie-Jode. Die Esseners was selfs strenger. Sjammai het die middeweg tussen die Huis van Hillel en die Esseners gevolg.

Verskillend maar nie afsonderlik nie

Alhoewel die twee Farisese skole oor talle besonderhede van die wet van mekaar verskil het, het hulle wel met mekaar kontak behou. Een van Hillel se leuses was: “Moenie jouself van die gemeenskap afsny nie.” In hierdie opsig het Hillel wesenlik verskil van die Esseners, wat hulleself geïsoleer het vanweë hulle onderskeidende sienings.

Gamaliël en Paulus

Volgens Handelinge 22:3 was Paulus ʼn leerling van Gamaliël. Hierdie Gamaliël die Oudste wat ook in Handelinge 5:33-40 vermeld word, was ʼn beroemde leermeester. Hy was die kleinseun van Hillel.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS