Bible Society of South Africa
Louise Gevers

Wie is God – Dag 14

Is jy God?

Bybelteks(te)

3“Julle moenie in hoogmoed bly praat nie,

moenie aanmatigende dinge sê nie,

want die Here is 'n God van diepe kennis,

dade word deur Hom getoets.

1 SAMUEL 2:3AFR83Maak oop in die Bybelleser

Het jy al opgelet hoe sommige mense baie lief is vir die klank van hulle eie stemme? Daar is geen ruimte in hul gesprek vir iemand anders om ʼn mening te waag nie, want vir die spreker is hy en sy eie filosofieë allesoorheersend.

Dit is beslis reg dat mense hulleself voorstel, beskryf wat hulle doen en hul kundigheid verduidelik as hulle gevra word. Maar waarna ek hier verwys, is die persoon wat so vol van sy eie belangrikheid is dat hy die menings van ander ignoreer, nie nederig genoeg is om te besef dat hy net een klein deeltjie van ʼn geheel is nie, en nie bedagsaam genoeg is om die belangrikheid van ander in ag te neem en vir hulle ook ʼn spreekbeurt te gun nie. Verwaandheid kan natuurlik in baie verskillende situasies voorkom, maar dit is gewoonlik baie opmerklik in die situasie wat hier beskryf word.

1 Samuel 2:3 verwys direk na hierdie probleem en verduidelik dit vanuit God se perspektief: Hy weet wat ons doen en Hy oordeel ons aksies. Spreuke 21:2 beklemtoon dit verder: “In sy eie oë is alles wat ʼn mens doen, reg, maar die Here toets die gesindheid.” Ons besef weer die groot verskil tussen God se gedagtes en ons gedagtes. In Spreuke 21:4 word daar geen doekies omgedraai nie: “Die sonde van goddeloses begin altyd met selfverheffing en eiewaan.”

Gereelde selfondersoek is nodig. Ons moet ons gedrag ondersoek en seker maak dat trots en verwaandheid nie in ons denke en optrede inglip nie.

Om nederig te wees is nie maklik nie. Nederigheid maak dat ons eerlik na onsself moet kyk en, ten spyte van alles wat ons bereik het, gebreke in ons lewens moet erken. Dit laat ons soms minderwaardig in ons roeping in die lewe voel, want daar is altyd meer om te leer en dit laat ons ongemaklik voel. Tog is dit hoe ons voor God moet wees want deur ons tekortkominge te erken, stel Hy ons in staat om deur sy krag te werk, om groot dinge te bereik en ryklik geseën te word. Die heerlikheid kom Hom egter toe en ons mag nooit trots en verwaand wees oor wat ons bereik nie.

Hoekom is God hieroor besorg?

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS