Bible Society of South Africa

Wandel met God – Dag 17

Wandel met God – in gehoorsaamheid: Noag

Bybelteks(te)

SPREUKE 3

3Moenie dat liefde en trou by jou ontbreek nie;

leef daarmee saam,

maak dit 'n deel van jou lewe.

4So sal jy guns verwerf en byval vind

by God en mens.

SPREUKE 3:3-4AFR83Maak oop in die Bybelleser

GENESIS 6

8Maar Noag is deur die Here begenadig.

GENESIS 7

5Noag het alles gedoen soos die Here hom beveel het.

GENESIS 6

9Hier volg die verhaal van Noag.

Noag was 'n regverdige man. Onder sy tydgenote was hy onberispelik en hy het naby God geleef.

GENESIS 6

11Die aarde was korrup in die oë van God, vol geweld; 12Hy het die aarde gesien: dit was korrup, elke mens op aarde se lewe was verrot.

GENESIS 6:11-12AFR83Maak oop in die Bybelleser

GENESIS 6

7Die Here het gesê: “Ek sal die mens wat Ek geskep het, wegvee van die aarde af; mens en dier, ook dié wat kruip, en die voëls, want Ek is bedroef daaroor dat Ek hulle gemaak het.”

MATTEUS 16

25want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry.

MATTEUS 16:25AFR83Maak oop in die Bybelleser

GENESIS 7

16Hulle het ingekom, manlik en vroulik, soos God vir Noag gesê het. En toe het die Here die ark agter Noag toegesluit.

GENESIS 7:16AFR83Maak oop in die Bybelleser

“Moenie dat liefde en trou by jou ontbreek nie; leef daarmee saam, maak dit ʼn deel van jou lewe. So sal jy guns verwerf en byval vind by God en mens.” Spreuke 3:3-4

“Maar Noag is deur die Here begenadig.” Genesis 6:8

Stel jou voor om die wêreld se eerste skeepsbouer te wees: God gee vir jou ʼn opdrag om ʼn ark te bou volgens streng instruksies wat die materiaal en afmetings betref. Dink net – ʼn boot die lengte van een en ʼn halwe sokkerveld en so hoog soos ʼn vier-verdieping-gebou waarin ongeveer 120 000 skape gehou kan word. Noag het God se opdrag gehoorsaam: “Noag het alles gedoen soos die Here hom beveel het.” (Genesis 7:5)

Alhoewel baie mense die bestaan van die ark bevraagteken, het dr. Seon Hong in ʼn Koreaanse studie in 1993 geen probleme gevind met die afmetings van die ark nie en volgens hom was dit seevaardig en sou dit golwe van so hoog as 100 voet kon hanteer. Dit is baie interessant dat die konstruksieplan vir die ark ʼn verhouding van 1:6 gebruik het wat volgens skeepsbouers die stabielste verhouding is vir enige seevaartuig en dat dit die omslaan daarvan feitlik onmoontlik sal maak.

Die ironie van die saak is dat mense nie in die ark en waarvoor dit gestaan het geglo het nie – selfs in Noag se tyd. Noag is seker gespot omdat hy dit gebou het. Nêrens lees ons dat mense aangebied het om hom te help nie. Niemand het by hom aangesluit nie – selfs nie eers toe dit begin reën het nie.

Die Bybel sê: “Noag was ʼn regverdige man. Onder sy tydgenote was hy onberispelik en hy het naby God geleef.” (Genesis 6:9) Maar: “Die aarde was korrup in die oë van God, vol geweld; Hy het die aarde gesien: dit was korrup, elke mens op aarde se lewe was verrot.” (Genesis 6:11-12) Dit was so erg dat die Here gesê het: “Ek sal die mens wat Ek geskep het, wegvee van die aarde af; mens en dier, ook dié wat kruip, en die voëls, want Ek is bedroef daaroor dat Ek hulle gemaak het.” (Genesis 6:7)

God was diep bedroef, net soos ʼn ouer wie se kind se gedrag daartoe gaan lei dat hy gestraf moet word eerder as om die beloning wat die ouer met liefde vir die kind voorberei het, te ontvang. Maar Noag is deur God begenadig en Hy het aan hom ʼn uitweg gegee om sy gesin te red en nie deur die vloed vernietig te word nie.

Selfs tot op daardie punt kon Noag nog rebelleer en weier om die ark te bou. Maar hy was slim, nederig en gehoorsaam en dit lei tot vervulling, ten spyte van die feit dat ʼn mens eie beheer oor jou lewe verloor. Jesus bevestig dit wanneer Hy ons leer: “… want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry.” (Matteus 16:25) Aangesien Noag ʼn gehoorsame man was, het hy die ark gebou en uiteindelik het die dag aangebreek dat hy, sy familie en pare van alles wat leef die ark binnegegaan het. “En toe het die Here die ark agter Noag toegesluit.” (Genesis 7:16)

Dink net, om deel te kan wees van diegene wat die groot vloed oorleef en opnuut begin in die nuwe wêreld sonder sonde. Sal ons in die ark wees?

Bible Society of South Africav.4.26.9
VOLG ONS