Vriendskap – dag 5
Barnabas en Paulus – kom ons besluit om te verskil
Bybelteks(te)
HANDELINGE 15
Tweede sendingreis: Paulus en Barnabas skei van mekaar
HANDELINGE 15
Dit is wat baie mense van Paulus en Barnabas onthou – die argument wat die einde van ʼn vriendskap tussen hierdie twee groot manne van God tot gevolg gehad het. Hoe kon dit gebeur?!
Daar is ʼn onuitgesproke en skadelike verwagting dat Christene nooit kwaad word en baklei nie. Paulus en Barnabas herinner ons daaraan dat konflik onvermydelik is, selfs tussen diegene van wie ons dit nie verwag nie. Dit word net lelik as mense dit swak hanteer. Vergeet ons soms wanneer ons kwaad word om die Here se hulp te vra?
ʼn Entjie verder in die teks lees ons dat hulle weë geskei het en elkeen sy eie pad gegaan het, maar – en dit is baie belangrik – nadat hulle deur die gelowiges aan die genade van die Here toevertrou is (Handelinge 15:40).
Dit blyk duidelik dat die gelowiges die saak bespreek het en daaroor gebid het. Dit is hoe verskille hanteer moet word – in liefde en gebed en met die ondersteuning en gebede van die gemeenskap van gelowiges, en nie in die geheim of deur net die probleem te ignoreer nie. Die belangrikste is om te fokus op wat die wil van die Here is. Dit is wat beide Paulus en Barnabas gedoen het. Die manier waarop hulle verskil hanteer is, het positief tot die werk van die Here bygedra. In enige vriendskap sal daar verskille wees, dit is onvermydelik, en Christene word nie hiervan gevrywaar nie. Wat wel saak maak, is hoe ons dit hanteer.