Vriendskap – dag 12
Lesse uit Job (Deel 3): Sofar
Bybelteks(te)
JOB 11
JOB 11
Waar Elifas Job versigtig en met geduld benader het en Bildad ietwat ontstig was, was Sofar, die derde vriend om met Job te praat, woedend en selfs wreed.
Waar Elifas Job nie onder die goddeloses tel nie, en Bildad onseker is oor Job se morele oortuigings, is Sofar heeltemal oortuig dat Job se morele opvattings verkeerd is. Waar Job se argumente Bildad aanstoot gegee het, kry ʼn mens die gevoel dat dit Job self is wat Sofar aanstoot gee. Dit is die beste verduideliking vir die onverwagte harde woorde wat Sofar sy vriend toevoeg. Sover dit Sofar aangaan laat God Job lig daarvan afkom. Dit is net genade dat iets ergers nie gebeur het nie.
Elifas was vriendelik, maar verkeerd aangesien hy net op sy eie ervaring staatgemaak het. Bildad weer was baie vinnig om vir Job te sê dat hy verkeerd was oor God se karakter, en Sofar het reguit vir Job gesê dat hy sondig en dom is. Job se vriende was van mening dat hulle weet waarom die rampe Job tref. Hulle het geweier om te glo dat Job onskuldig was en het hardkoppig voortgegaan om vir hom slegte raad te gee. Toe hy nie na hulle wou luister nie, het hulle vertrek.
Hoeveel keer het jy al ʼn vriend kwaai aangespreek omdat jy van mening was dat hy iets oor homself gebring het? Hoe kan ons dit vermy?
In sulke situasies moet ons nie net kyk wat die Bybel sê nie, maar ons moet ook God se waarhede in liefde en met begrip oordra sodat dit vir die ander persoon geestelik opbouend sal wees (Filippense 1:9-11; 1 Timoteus 1:5). Job se vriende was van mening dat hy die een was wat tereggewys moes word, maar eintlik was dit hulle wat hulle benadering moes verander.