Bible Society of South Africa
Quintus Heine

Vreugde en seisoene – Dag 20

Diensbaarheid gee jou vreugde

Bybelteks(te)

14As Ek, wat julle Here en julle Leermeester is, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was.

JOHANNES 13:14AFR83Maak oop in die Bybelleser

17Julle weet dit nou; gelukkig is julle as julle dit ook doen.”

JOHANNES 13:17AFR83Maak oop in die Bybelleser

In die gedeelte wat ons saam gelees het, het die Here Jesus geen twyfel wat ʼn mens se lewe vol blydskap maak nie. In vers 14 stel Hy dit duidelik dat ons mekaar se voete moet was. In vers 17 word gesê: “Gelukkig is julle as julle dit ook doen.”

In die Middeleeue was daar ʼn man met die naam St Franciscus van Assisi. Hy was die vader van die Franciskaanse Orde. Hulle het ʼn baie eenvoudige leefwyse gehad en hul lewenstyl was ingestel op diensbaarheid. Hierdie is die bekende gebed wat die leuse van sy lewe was:

Here, maak my ʼn instrument van u vrede.

Waar daar haat is, laat my liefde bring.

Waar daar oortreding is, vergifnis,

waar daar twyfel is, geloof,

waar daar wanhoop is, hoop,

waar daar duisternis is, lig,

waar daar droefheid is, vreugde.

O, Heilige Meester, gee dat ek,

in plaas daarvan om vertroosting te soek, ander sal vertroos;

om begrip te soek, andere sal verstaan;

om liefde te soek, andere sal bemin.

Want dit is deur te gee, dat ek ontvang;

deur te vergewe, dat ek vergewe word.

En dit is deur te sterwe,

dat ek die ewige lewe beërwe.

Diensbaarheid is om ander mense gelukkig te maak, op watter manier ook al, want dan sal jy ook gelukkig wees en die betekenis van die lewe raaksien! Mag diens aan die Here en aan ander mense vir jou werklik vreugde gee.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS