Bible Society of South Africa
Neville Turley

Volhard in Jesus Christus – Dag 9

Jesus bring vreugde en blydskap

Bybelteks(te)

PSALMS 30

6Waarlik, sy toorn duur net 'n oomblik,

maar sy goedheid lewenslank.

Gisteraand was daar nog trane

en vanmôre lag ek al weer.

MATTEUS 28

5Toe sê die engel vir die vroue: “Julle moet nie bang wees nie. Ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is. 6Hy is nie hier nie, want Hy is uit die dood opgewek, soos Hy gesê het. Kom nader en kyk: daar is die plek waar Hy gelê het. 7Gaan gou en sê vir sy dissipels: ‘Hy is uit die dood opgewek, en Hy gaan julle vooruit na Galilea toe. Daar sal julle Hom sien.’ Dit is wat ek vir julle moes sê.”

MATTEUS 28:5-7AFR83Maak oop in die Bybelleser

JOHANNES 15

Julle moet mekaar liefhê

9“Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly. 10As julle my opdragte uitvoer, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader uitvoer en in sy liefde bly.

11“Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees.

JOHANNES 15:9-11AFR83Maak oop in die Bybelleser

Jesus was fisies dood. Josef van Arimatea het vir Pilatus gevra of hy die liggaam van Jesus mag neem. Nadat Pilatus een van sy offisiere geraadpleeg het, het hy beveel dat die liggaam vir Josef gegee moet word. Josef het die liggaam in skoon linne toegedraai en vir Jesus begrawe in ʼn graf wat in die rots uitgekap was. Hy het ʼn groot klip voor die ingang van die graf gerol.

“Drie dae later was daar ʼn geweldige aardbewing. ʼn Engel van die Here het van die hemel af gekom, en die klip weggerol. Van skrik vir hom het die wagte gebewe en soos dooies geword” (Matteus 28:4).

“Toe sê die engel vir die vroue: ‘Julle moet nie bang wees nie. Ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is. Hy is nie hier nie, want Hy is uit die dood opgewek’ (…) Gaan gou en sê vir sy dissipels: ‘Hy is uit die dood opgewek, en Hy gaan julle vooruit na Galilea toe. Daar sal julle Hom sien’. Dit is wat ek vir julle moes sê” (Matteus 28:5-7).

Die Bybel sê die vroue het toe haastig van die graf af weggegaan om die dissipels te gaan vertel. Hulle was bang maar baie bly.

Die woordeboek definieer die woord “vreugde” as ʼn gevoel van groot blydskap en geluk.

Die geboorte van Jesus het groot blydskap in die wêreld gebring, en so ook sy fisiese opstanding. Jesus se liefde en opoffering het dit moontlik gemaak vir die mens om hom met God te versoen. Christenskap is voorwaar ʼn godsdiens vol vreugde.

Jesus self gee vir ons die formule vir ʼn lewe vol vreugde en blydskap: “Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly. As julle my opdragte uitvoer, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader uitvoer en in sy liefde bly. Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees” (Johannes 15:9-11).

Indien jy ware en volkome blydskap in jou lewe wil hê, moet jy nader aan Jesus jou Verlosser leef.

Bible Society of South Africav.4.24.4
VOLG ONS