Bible Society of South Africa
Neville Turley

Volhard in Jesus Christus – Dag 7

Ons almal word die een of ander tyd moeg

Bybelteks(te)

2 SAMUEL 21

17Seruja se seun Abisai het Dawid egter gehelp en die Filistyn platgeslaan en doodgemaak. Toe het die manne van Dawid vir hom gesê: “U wat die lamp van Israel is, mag nie meer saam met ons na die oorlog toe uittrek nie, sodat die lamp nie doodgeblaas sal word nie.”

2 SAMUEL 21:17AFR83Maak oop in die Bybelleser

ROMEINE 15

Die voorbeeld van Christus

1Op ons wat sterk is in die geloof, rus die verpligting om die swakhede te verdra van dié wat nie sterk is nie. Ons moenie aan onsself dink nie:

ROMEINE 15:1AFR83Maak oop in die Bybelleser

Daar is tye in ons lewe en in ons werksomstandighede wat ons moeg word. Indien dit aanhou moet ons die raad en hulp van ander aanvaar en miskien ons aktiwiteite afskaal. Dit is nooit ʼn maklike ding om te doen nie.

Dawid was met so ʼn oomblik van waarheid op ʼn sekere stadium in sy lewe gekonfronteer. Hy het as ʼn skaapwagtertjie bekendgeword toe hy die reus Goliat verslaan het. Hierdie dapper daad het koning Saul se guns gewen omdat hy Israel van ʼn nederlaag gered het.

Baie jare het verloop en na verskeie beproewings was Dawid nou self die koning. Weereeens was daar oorlog tussen die Filistyne en die Israeliete. Dawid het self sy manne in die geveg gelei, maar hy het moeg geword. Dawid, wat in sy jonger dae bekend was vir sy krag, se ouderdom het hom begin inhaal.

Jisbi wou vir Dawid doodmaak en hy sou daarin geslaag het, maar Dawid se susterskind Abisai het egter sy oom gehelp en hom doodgemaak.

Dawid het by die belofte gehou wat hy daardie dag aan sy manne gemaak het. Hy het nooit weer sy manskappe in oorlog gelei nie, maar hy het voortgegaan om die nasie te regeer totdat hy in sy 71ste jaar na ʼn bewind van 40 jaar gesterf het.

In ons eie omstandighede mag dit soms nodig wees om soos Abisai tot iemand se redding te kom wat hulp nodig het: “As ons geloof sterk is, dan moet ons die gelowiges help wie se geloof swak is” (Romeine 15:1).

Daar kom ook tye wat ons moeg word en nie langer so aktief soos gewoonlik kan of wil optree nie. Wanneer daardie dag aanbreek gee God aan ons die wysheid om dit te herken en die raad en hulp van ander te aanvaar.

Bible Society of South Africav.4.24.4
VOLG ONS