Bible Society of South Africa
Neville Turley

Volhard in Jesus Christus – Dag 3

Wen die prys

Bybelteks(te)

FILIPPENSE 3

13Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is.

FILIPPENSE 3:13AFR83Maak oop in die Bybelleser

KOLOSSENSE 3

Julle is saam met Christus uit die dood opgewek

1Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit. 2Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie, 3want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. 4Wanneer Christus, wat julle lewe is, by sy wederkoms verskyn, sal julle ook saam met Hom verskyn en in sy heerlikheid deel.

KOLOSSENSE 3:1-4AFR83Maak oop in die Bybelleser

Paulus het baie daarvan gehou om die Christelike lewe as ʼn wedloop te beskryf. Die raad wat afrigters vandag aan atlete gee om vir ʼn wedloop voor te berei, is dieselfde raad as wat Paulus daardie tyd aan Christene gegee het.

Wanneer jy aan ʼn wedloop deelneem, kan jy nie op jou louere rus nie en jy kan ook nie voortdurend aan vorige mislukkings bly dink nie.

Jy moet fokus op die wedloop waaraan jy tans deelneem. Deur voortdurend om te kyk, kan jou die titel van eerste plek kos.

Ons moet onthou dat Christus reeds die prys vir ons behaal het, maar ons moet gefokus bly ten einde die hemelse prys te kan opeis.

In Paulus se tyd het die wenners van die Griekse wedlope ʼn kroon van lourierblare ontvang en soms ʼn bedrag geld. Vandag se Olimpiese wenners ontvang ʼn goue medalje en dikwels groot geldpryse van hulle dankbare lande asook winsgewende borgskappe.

Paulus herinner ons daaraan dat wanneer ons die Christelike wedloop voltooi het, ons ook ons prys sal ontvang – ons hemelse prys van ewige heerlikheid.

“Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit. Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie, want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. Wanneer Christus, wat julle lewe is, by sy wederkoms verskyn, sal julle ook saam met Hom verskyn en in sy heerlikheid deel” (Kolossense 3:1-4).

Bible Society of South Africav.4.24.4
VOLG ONS