Bible Society of South Africa
Neville Turley

Volhard in Jesus Christus – Dag 18

Moenie toelaat dat vrees jou lewe oorheers nie

Bybelteks(te)

JOHANNES 14

27“Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.

JOHANNES 14:27AFR83Maak oop in die Bybelleser

GENESIS 26

24en die nag toe hy daar kom, het die Here aan hom verskyn en vir hom gesê: “Ek is die God van jou vader Abraham. Moenie bang wees nie, want Ek is by jou. Ek sal jou seën en jou 'n groot nageslag gee ter wille van my dienaar Abraham.”

GENESIS 26:24AFR83Maak oop in die Bybelleser

MATTEUS 6

Die sorge van die lewe

25“Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie?

MATTEUS 6:25AFR83Maak oop in die Bybelleser

MATTEUS 6

33Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.

MATTEUS 6:33AFR83Maak oop in die Bybelleser

Het jy jou al in ʼn situasie bevind waar jou lewe bedreig word? Dalk het jy in die oë gekyk van die persoon of persone wat jou konfronteer en bedreiging of geweld gesien?

Mense reageer verskillend tydens sulke situasies. Daar word gesê dat jy op een van drie maniere sal reageer: Veg, vlug of vries.

Jy hoef nie skaam te wees as jy bang is nie. Dit is deel van ons menslike natuur. Jy kan egter so in die greep van vrees vasgevang word, dat jy geheel en al hulpeloos en weerloos voel.

Dit is nie net die vrees dat iemand ons sal aanval en beseer of doodmaak waaroor ons ons bekommer nie. Daar is baie ander vrese wat ons in die lewe teëkom, onder andere vrees vir die toekoms, verandering, verlies, werkloosheid, en siekte.

God het een antwoord vir al ons vrese.

Dit is dieselfde antwoord wat Hy vir Isak gegee het: “Moenie bang wees nie, want Ek is by jou” (Genesis 26:24). Jesus leer ons dat ons vrees kan oorwin deur geloof en vertroue in Hom te hê.

Hy sê dat ons moet kyk na die wilde voëls en hoe ons hemelse Vader vir hulle sorg. Jesus gee ons die versekering dat ons vir ons hemelse Vader baie meer werd is as die wilde voëls en dat Hy ook in ons behoeftes sal voorsien. Deur ons oor allerhande sake te bekommer gaan ons nie help nie (Matteus 6:25).

Jesus sê dat ons ons nie soos ongelowiges oor wat ons gaan eet of aantrek moet bekommer nie. Ons moet dag vir dag leef en ons moet ons vir die koninkryk van God beywer en volgens die wil van God leef (Matteus 6:33).

Die enigste manier wat jy jou vrese kan oorkom, is deur volkome op Jesus Christus te vertrou en in Hom te glo. Hy is ons Verlosser en Vriend. Plaas jou hand in sy hand en Hy sal jou help om sonder vrees deur die lewe te gaan.

Bible Society of South Africav.4.24.4
VOLG ONS