Bible Society of South Africa
Neville Turley

Volhard in Jesus Christus – Dag 17

ʼn Geskenk vir God

Bybelteks(te)

PSALMS 116

12Hoe sal ek die Here vergoed

vir al sy weldade aan my?

PSALMS 116:12AFR83Maak oop in die Bybelleser

MATTEUS 22

37Jesus antwoord hom: “ ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand.

MATTEUS 22:37AFR83Maak oop in die Bybelleser

JOHANNES 14

Die Heilige Gees sal by julle bly

15“As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer.

JOHANNES 14:15AFR83Maak oop in die Bybelleser

HEBREËRS 11

6As 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon.

HEBREËRS 11:6AFR83Maak oop in die Bybelleser

Met Kersfees, verjaarsdae en ander spesiale geleenthede hou ons daarvan om geskenke te gee of te ontvang. Dit is ons manier om ons liefde en waardering vir mekaar te wys.

Nadat die skrywer van hierdie psalm al die seëninge wat hy van die Here ontvang gelys het, wonder hy wat hy die Here kan bied en vra: “Hoe sal ek die Here vergoed vir al sy weldade aan my?”

Dit is ʼn goeie vraag, een wat ons ook vir onsself behoort te vra. Wat kan ons die Here bied vir al die seëninge wat ons van Hom ontvang? Indien ons ʼn lys maak van al ons seëninge sal elkeen se lysie verskil. Die Here is elkeen van ons se persoonlike Verlosser en Hy het ʼn een-tot-een verhouding met elkeen van ons.

Sommige seëninge wat op ons lysies sal verskyn is dat ons ʼn hemelse Vader het wat genadig, goed en vol deernis is. ʼn Verlosser wat na ons gebede luister en sy lewe vir ons gegee het; ʼn Heilige Gees van wie ons krag en inspirasie ontvang.

Wanneer dit oor ons persoonlike omstandighede handel sal ons lysies verskil. Ons sal egter op die ou einde almal dieselfde vraag vra: “Hoe sal ek die Here vergoed vir al sy weldade aan my?”

Ons kan die Here onvoorwaardelik liefhê: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand” (Matteus 22:37).

Ons kan ook vir Hom wys dat ons liefde eg is deur Hom te gehoorsaam: “As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer” (Johannes 14:15).

Ons kan ons liefde bewys deur ons geloof in God en deur Hom volkome te vertrou: “As ʼn mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon” (Hebreërs 11:6).

Deur sό te leef is miskien die grootste geskenk wat ek en jy aan God kan gee sodat Hy ons eendag kan verwelkom met die woorde: “Welkom, goeie en getroue dienskneg.”

Bible Society of South Africav.4.24.4
VOLG ONS