Bible Society of South Africa
Neville Turley

Volhard in Jesus Christus – Dag 16

Verkondig die evangelie

Bybelteks(te)

ROMEINE 10

15En hoe kan iemand preek as hy nie gestuur is nie? Daar staan ook geskrywe: “Hoe wonderlik klink die voetstappe van dié wat die goeie boodskap bring.”

ROMEINE 10:15AFR83Maak oop in die Bybelleser

HANDELINGE 6

5Die voorstel het by al die gelowiges byval gevind, en hulle het Stefanus gekies, 'n man met 'n vaste geloof en vol van die Heilige Gees, en verder Filippus, Progorus, Nikanor, Timon, Parmenas, en Nikolaus wat van Antiogië afkomstig was en vantevore uit die heidendom tot die Jodedom oorgegaan het. 6Die gelowiges het hulle voor die apostels gebring, en dié het vir hulle gebid en hulle die hande opgelê.

HANDELINGE 6:5-6AFR83Maak oop in die Bybelleser

HANDELINGE 8

6Toe die mense hoor wat Filippus verkondig en die wonders sien wat hy doen, het hulle aandagtig na sy prediking geluister. 7Onrein geeste het met groot geskreeu uit baie mense uitgegaan, en baie wat verlam en kreupel was, is gesond gemaak. 8Daar was groot blydskap in daardie stad.

HANDELINGE 8:6-8AFR83Maak oop in die Bybelleser
Iets het verkeerd geloop.

Filippus was een van die sewe diakens wat die Apostels gekies het (Handelinge 6:5-6). Filippus het Christus in Samaria verkondig waar hy ʼn groot impak gemaak het en groot blydskap gebring het (Handelinge 8:6-8).

ʼn Engel het vir Filippus gesê om uit te gaan op die woestynpad tussen Jerusalem en Gasa waar hy die man wat die geldsake van die koningin van Etiopië hanteer op sy wa sou sien sit.

Filippus was gehoorsaam en het gemaak soos die Engel hom beveel het. Die Bybel skets ʼn wonderlike prentjie van Filippus wat langs die wa hardloop en hoor hoe die Etiopiër uit Jesaja lees. Die amptenaar het vir Filippus gevra om op die wa te klim en hy het die volgende Skrifgedeelte gelees: “Soos ʼn skaap is Hy gelei om geslag te word; en soos ʼn lam wat stil is as hy geskeer word, het Hy nie sy mond oopgemaak nie. In sy vernedering het daar nie reg aan Hom geskied nie. Wie sal van sy nageslag kan vertel? Sy lewe op aarde word beëindig” (Handelinge 8:32-33).

Filippus vra toe vir die man: “Verstaan u wat u lees?” Die man het vir Filippus geantwoord: “Hoe sal ek dit kan verstaand as niemand dit vir my uitlê nie?”

Filippus het toe begin om die goeie nuus van Jesus vir hom te verduidelik. Onderweg kom hulle toe by water aan, en die amptenaar het gevra om gedoop te word. Nadat Filippus hom gedoop het, het hulle mekaar heel waarskynlik nooit weer gesien nie. Die Gees van die Here het Filippus weggeneem en die amptenaar het sy reis verder met blydskap voortgesit.

Twee mense, gelei deur die Heilige Gees, deel die evangelie van Jesus Christus. Die een verduidelik die weg en die ander een aanvaar die boodskap en gee sy lewe aan die Here oor.

Hierdie scenario is deur die eeue eindelose kere herhaal. Dit gebeur wanneer gelowiges, soos ek en jy, die goeie nuus van Jesus Christus met ander deel. Deur dit te doen verheerlik ons vir Jesus wat sy lewe vir ons gegee het.

Bible Society of South Africav.4.24.4
VOLG ONS