Bible Society of South Africa
Neville Turley

Volhard in Jesus Christus – Dag 13

Op pad huis toe – deel II

Bybelteks(te)

HANDELINGE 1

10Terwyl Hy weggaan en hulle nog stip na die hemel kyk, het daar skielik twee mans in wit klere by hulle gestaan. 11Dié sê toe vir hulle: “Galileërs, waarom staan julle so na die hemel en kyk? Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het.”

HANDELINGE 1:10-11AFR83Maak oop in die Bybelleser

HANDELINGE 1

Judas se opvolger

12Daarna het hulle na Jerusalem toe teruggegaan van die berg af. Dit is die Olyfberg, vlak by die stad, 'n sabbatsreis ver. 13In die stad aangekom, is hulle na die bovertrek toe waar hulle gewoonlik vertoef het. Dit was Petrus en Johannes, Jakobus en Andreas, Filippus en Tomas, Bartolomeus en Matteus, Jakobus seun van Alfeus, Simon die Seloot en Judas seun van Jakobus.

HANDELINGE 1:12-13AFR83Maak oop in die Bybelleser

Hierdie boodskap geld vandag steeds. Jesus sal terugkom. Die dissipels het besef daar is werk om te doen. Die Bybel vertel ons dat hulle terug is na Jerusalem toe: “In die stad aangekom, is hulle na die bovertrek toe waar hulle gewoonlik vertoef het” (Handelinge 1:12-13).

Die Bybel sê nie direk dat dit dieselfde bovertrek was as die een waar hulle die laaste keer die paasmaaltyd saam met Jeus geëet het en waar hulle hulself na sy dood, uit vrees vir die Jode, toegesluit het nie. Indien dit was, moes hulle mooi herinneringe gehad het. In hierdie bovertrek het die opgestane Jesus aan hulle verskyn en gesê: “Vrede vir julle”. Dit is ook waar Tomas Jesus se wonde gesien en gevoel het en toe gesê het: “My Here en my God!”

Die plek is egter nie belangrik nie, maar dit wat die dissipels gedoen het is wel. Hulle het almal eensgesind saam met ʼn aantal vroue, onder andere Maria, die moeder van Jesus, asook sy broers volhard in die gebed en bly wag op die krag van die Heilige Gees.

Dit is belangrik dat ons hulle voorbeeld volg en bid dat ons ook getuienisse vir ons Here Jesus Christus sal wees deur die krag van die Heilige Gees. Jesus het uit die dood opgestaan en Hy sal weer terugkom. Intussen het ons as sy volgelinge werk om te doen.

Bible Society of South Africav.4.24.4
VOLG ONS